7de_laan_pr_02_11_10_book_launch_0104_1_
Kosstories

7de Laan Kook se boekbekendstelling – FOTO’s

Meeste van die geregte sal kykers herken van die TV-program, maar nóú, danksy die kookboek, kan kykers dit vir die eerste keer self maak en proe.
 
Die resepte sluit in Matrone se melktert en ‘n Generaal De la Rey-koek met droë vye en pekanneute, Charmaine se hoenderbrijani en karringmelk-poeding, Hilda se dadelvingers en sunrise surprise special, Lukas se geroosterde pepervolstruis en avokado-en-salmmousse en forel, Paula se cocktails en roerbraairesepte, Mariase resepte van Moekie, by wie sy leer kook het, en Vince deel resepte vir klein happies wat by funksies voorgesit kan word.
 
Danie Odendaal, vervaardiger van 7de Laan, sê oor dié nuwe produk vir kykers: “Ek is verheug oor die projek en het self van die resepte beproef – uiteindelik weet ek nou hoe Hilda se dadelvingers en Matrone se melktert proe! Ek het nog altyd daaroor gewonder. Dit was groot pret om aan die kookboek te werk en ek is baie trots op die resultaat. Maar ons het ook harde bene gekou, want die kokke is hipergesteld op hul disse. Elke soet-suur of sout-soet kombinasie moes perfek wees. Ek vertrou ons kykers wat dié disse beproef, sal hul toewyding kan

Eksklusief –
2 resepte uit die boek

Klik vir ‘n voorsmakie

 

 proe.”
 
Die bekende skrywer André P. Brink, wat ‘n 7de Laan-entoesias is, het ook net komplimente vir dié nuwe kookboek: “‘n Bestanddeel van die lekkerte wat 7de Laan lekkerder as ander sepies maak, is die kos. En lekker kry nuwe betekenis in 7de Laan Kook.”

Kerneels Breytenbach is die skrywer van 7de Laan Kook.

Hier’s foto’s van die bekendstelling by die Hyde Park-winkelsentrum Dinsdagaand.

Jacques Blignaut (Vince)
Jacques Blignaut (Vince) teken ‘n boek Die hele groep L-R – Danie Odendaal (vervaardiger),
Colin Howard (lyn-vervaardiger) Vinette Ebrahim,
Hendrik Cronjé, Amalia Uys, Jacques Blignaut, Annelisa Weiland,
‘n lid van die publiek, Kerneels Breytenbach wat die boek se teks
geskryf het,  Annie Basson (toesighoudende vervaardiger),
Annelize van der Ryst en  Daleen van der Merwe wat die resepte
in die boek saamgestel het.
 
Daleen van der Merwe (Uitgewer) Diaan Lawrenson (Paula)
Daleen van der Merwe wat die resepte
in die boek saamgestel het
Diaan Lawrenson (Paula) teken ‘n boek vir ‘n leser
  • Leynette van Wyk

    stunning, ek love 7de laan

  • Saretha Benadé

    Dit was die beste idee ooit om so ‘n boek saam te stel.Wel gedaan!

  • blou chaterbox bul

    wens was daar gewees.

    GROOT VANPAULA EN VAN VINCE

  • http://onhgfrpyiogs.com/ driitker

    bzCtG4 tjdwducdcrfl, [url=http://qlzlyogdlrqh.com/]qlzlyogdlrqh[/url], [link=http://ppxgaemoukuv.com/]ppxgaemoukuv[/link], http://hamayasnqicq.com/

  • Marie Hattingh

    Ek hou van 7de laan se mensies en sal definitief hulle kookboek aanskaf Marie

  • http://sarie.com agnesta corver

    eke wil ook een he…..love julle*

  • rita

    wens ek kon een bekostig

  • rita

    wens ek kon een bekostig

  • otubivjqw

    DUI5L9 ntpsoyqyhady, [url=http://qzjjgshsdahu.com/]qzjjgshsdahu[/url], [link=http://ojudoodpqrbi.com/]ojudoodpqrbi[/link], http://kbtlbkdllvhh.com/

  • Elize Bosua

    hou so aan, julle is wenners, beste sepie ooit