Kos

Afrika op jou bord

Vandag is Afrika-dag en vanjaar inspireer ons kontinent die koswêreld, volgens Condé Nast Traveller. Reeds in Desember verlede jaar het die tydskrif voorspel Afrika-geure gaan in 2016 die Mexikaanse trend van 2015 oorskadu. 

Ek reken hulle was in die kol, want lees jy die spyskaarte van sjefs soos Marcus Samuelsson van die bekende Red Rooster in New York, sien jy woorde soos berbere, harissa, doekka  en ras el hanout – almal geurige mengsels uit Afrika. Kyk op jou supermark se pesto-rak, waar onbekende Afrika-geure soos tsjermoela-pasta (chermoula) ook nou kop uitsteek. Kort voor lank eet ons almal bobotie met ’n harissa-geur of Karoo-tjops met tsjermoela-doopsous.

Het jy al jou ouma se sousboon-resep gevra? Want dis nou koel om bone te eet. Die Verenigde Nasies (VN) het verlede jaar op sy algemene vergadering verklaar dat 2016 die jaar van peulplante sal wees.

Dink aan grane en peule soos Bulgaarse graan, koring, gort, lensies, botterbone, hereboontjies (inheemse limaboontjies) en kekerertjies. Op plaaslike front het supermarkte soos Woolworths, Checkers en Pick n Pay reeds einde verlede jaar hul rakke begin vul met ’n wye reeks droë grane, peule en bone sowel as ’n verskeidenheid interessante speserymengsels.

Graan is die grondslag vir baie van die wêreld se gesondste diëte, soos die gewilde Mediterreense dieet. Maar met kulinêre nuuskierigheid aan die toeneem, en ’n groeiende belangstelling in die tradisionele plantgebaseerde dieet, wend al hoe meer mense hulle tot ’n nuwe kontinent vir graan-inspirasie: Afrika.

Probeer gerus dié inspirerende resepte spesiaal vir Afrika-dag.

Koring-en-gortslaai

Kry die resep hier

8 uur-lamsterrien

Kry die resep hier

Sousbone

Kry die resep hier

Chorizowors-en-lensiesop

Kry die resep hier

Kekerertjie-patee

Kry die resep hier