sk0904milktart02
Kosstories

Ons melktert-wedstryd agter die skerms

SARIE-lesers het hul bakgeheime met ons gedeel – dikwels kosbaarhede wat van oumas na ma’s na dogters oorgedra is. Daar was selfs ’n eeu oue resep met waardevolle wenke – wat toe sowaar wen!

Barbara Joubert, ons kosredakteur, en haar assistent, Lynnae Janse van Rensburg, het die resepte gekeur en die finale bakwerk gedoen. Daarna is daar geproe en beoordeel deur Peter Veldsman, ’n vorige kosredakteur van SARIE, Michélle van Breda en Alida Vos van SARIE.

Vir Barbara was dit harde werk en haar boarms het dit omtrent ontgeld. In een van die resepte moes sy die deeg 150 maal op die tafel gooi!

Die voorkoms van Deona Tait van Pretoria se wen-melktert het Peter Veldsman, eienaar van die restaurant Emily’s en die C.A.I.A.-restaurant-kookskool, dadelik opgewonde gehad. Die uitgerysde lagies skilferdeeg was ragfyn maar duidelik sigbaar – die kenmerk van ’n goeie skilferkors. Ons kon nie wag om die goudbruin tert te proe nie!

  • Marette Hattingh

    Ek het vandag na die nuwe Kos uitgerek om hom in my tas te pak as ek weer die 27ste terug gaan Melbourne toe. My ma het al die vorige uitgawes gehou en ek kon nie wag vir die beste Melktert resep om hom saam te vat en vir my vriendinne in Australie te maak nie. Die resep sê egter die oond moet na 260grade verhoog word. Is dit reg???my gasoond in aus is net tot by 220grade en meeste oonde hier ook. Gee asb raad voordat ek terug gaan.

    Dankie

  • http://www.sarie.com Barbara Joubert

    Hi Marette
    Die resep het ek net so gevolg, wat ek sal voorstel bak die melktert vir 15 minute by 220 °C en draai die temperatuur dan af na 200 °C. Die hoë temperatuur sal sorg dat die kors van die melktert gaar word.
    Groete

  • Elsie Coetzee

    Hoekom is net die wen resep in Sarie kos – waar is die ander makliker resepte vir iemand soos ek wat nie goed kan bak nie