Kosstories

Roer! – Francois en Elizabeth se avo-en-biltong-voorgereg

Elizabeth, Tammy en Francois

Bestanddele

  • 2 ryp avokado’s
  • vars suurlemoensap
  • sout en swartpeper
  • skoon afgespoelde heel slaaiblare
  • gesnyde biltong
  • varsgebakte gesondheidsbroodjie
  • regte botter
  • soetrissie en klein tamaties vir garnering

Avo en biltong voorgereg


Metode

1. Maak die avo’s fyn en geur met suurlemoensap, sout en swartpeper.
2. Skep slaaiblare en avo op ‘n kleinbordjie en sit genoeg genyde biltong langsaan.
4. Smeer ‘n sny brood met botter, sny in vingers en plaas op bordjie.
5. Garneer met soetrissies en klein tamatietjies.

Kyk die Roer! episode hier