Kosstories

Blaai deur jou nuwe SARIE KOS!

Nuut, anders mooier! Jou nuwe SARIE KOS bevat resepte en foto’s wat die mond laat water.

Dis ook trots SA en in dié uitgawe se reeks Kook soos ’n local kuier kosredakteur Barbara Joubert in die Overberg by Jan-Georg Solms op sy plaas, Halfaampieskraal. Sy sê oor dié ervaring: “Ek gaan beslis dié winter Jan-Georg se heerlike skaapnek maak – ek het dit nog nooit só geproe nie.”

Vir ’n bietjie ekstra geur word ook geloer na Mexikaanse geregte, met die moet-maak-resep in hierdie artikel die sjokolade-en-karamelkoek op bl. 52. Barbara beveel aan jy eet dit saam met appelliefies, wat die ergste soet breek.

Nog ’n gunsteling is haar ma se lamsboud vir Sondagmiddagete, veral op koue dae. “Ons het altyd soetpatats, blomkool met kaassous, bros aartappels en ertjies daarby geëet,” vertel sy. “Die oorskiet-lamsboud het sy op ons toebroodjies skool toe gesit. Maar met vandag se hoë vleispryse moet jy darem meer doen met oorskiet-lam, soos ek op bl. 66 wys.”

Kry nóú jou nuwe SARIE KOS landwyd by jou naaste supermark! En kook lekker in die koue.

SARIE KOS JUN/JUL 2016

Kry nóú jou nuwe SARIE KOS! Beskikbaar landwyd by jou naaste supermark!

Kook soos ’n local - Barbara kuier in die Overberg

#SARIESondag met seekos en ’n strandtafel

Die groot tendens - Nou eet ons Mexikaans

Oorskiet-lamsboud

Net 30 minute in net 1 pot!