sk_man
Kosstories

Barbara en Herman op Ontbytsake

Só skryf Barbara en Herman in die heel eerste uitgawe van SARIE KOS vir mans:

VAN BARBARA

Die lekkerste vir my . . . is die dag as my man agter die potte invaar en vir almal begin kosmaak. Met dié uitgawe van SARIE KOS – spesiaal vir die manne – kan jy ook jou kookvernuf wys. Daar’s iets vir die forelvangers (bl. 100) en goeie gaarmaak-idees vir daardie welkome springbokboud wat jy present gekry het (bl. 44). Ek wys jou ook hoe om self die deeg vir die pastei te maak – ’n maklike kuns om te bemeester. En wat ’n lekker kuier was dit nie by die avontuurskrywer Johan Bakkes nie (bl. 22). Dis net ’n plesier om ’n man so gemaklik te sien kook oor die kole. Die rugbyspeler (en gentleman) Pieter de Villiers, wat al 70 toetse vir Frankryk gespeel het, tower wonderlike Franse geregte op (bl. 12).

Manne, dis nóú tyd om jul kreatiwiteit in die kombuis uit te leef. Die vrou in jou lewe sal beslis nie omgee nie!

Barbara Joubert van SARIE KOS

VAN HERMAN

Van kleintyd af hou ek van kosmaak. My manspêlle het dit nog altyd geweet – hulle kom klop maklik aan my deur as die hongerpyne knaag . . . en elke keer vra hulle (net so terloops) ek moet hulle ook leer kosmaak. Wel, nou is daar nie meer ’n verskoning nie. Hier’s nou ’n tydskrif vol van alles wat lekker en maklik is om te kook. Steak en tjips is mos die manne se hartskos. En as jy weet hoe, maak jy dit beter gaar as ’n sjef (bl. 72). Ek wys jou ook ’n eenvoudige driegangmaal – om op te maak as jy dalk by iemand in die moeilikheid is – met alles van tafel dek tot jou inkopielys (bl. 90). Vergeet ook sommer van wegneem-etes. Hier is niks minder nie as 15 maklike 30-minuut-etes! (bl. 82) Jy kan dus elke aand met min moeite lekker eet.

Al wat nou vir jou oorbly, is om jou voorskoot nader te trek, jou messe te slyp en die oond aan te skakel . . .

Herman Lensing van SARIE

  • http://dtejiycfaaxc.com/ epnglqqry

    8YRekX eibhlhebnhcg, [url=http://txwxsphbzuel.com/]txwxsphbzuel[/url], [link=http://kavqavtzycpr.com/]kavqavtzycpr[/link], http://idcebrzyfkfv.com/

  • rjiibyhvoa

    SCeZ85 wahmxkhzytgb, [url=http://qfcwrhvofhwo.com/]qfcwrhvofhwo[/url], [link=http://bgplobsigvyl.com/]bgplobsigvyl[/link], http://msgetbfgbkzf.com/