• Annette du Plessis

    Ek was verras met die swak voorbereiding van Barbara en Herman se kosaanbieding op die Kaasfees.
    Barbara het baie onvoorbereid voorgekom.
    Hulle kon gerus vooraf aan vrae gedink het om aan die gehoor te stel met die wen van geskenkpakke.
    Byna al die pryse het aan die voorste ry mense gegaan. En een persoon het selfs meer as een geskenkpak gewen.
    Kry tog iemand om hiermee te help. Herman se Sjokelade Klapperkoek was ongelooflik inspirerend, maar sjoe, die vulsel was minder lekker.
    Baie dankie vir die pragtige gratis "groen" inkopiesak met Sarie. Dit was ‘n lekker meevallertjie. Groete.

  • Barbara Joubert

    Hi Annette
    Ons is jammer om te hoor dat jy teleurgesteld was in ons optrede by die kaasfees. Nie ek of Herman het onvoorbereid gevoel vir die demonstrasie nie. Die vrae bepaal jy maar elke dag afhangende van hoe die gehoor vir ons voorkom. Deur al die jare wat ek by die Kaasfees optree, het die gehoor elke dag nog verskil. Ons wou ook die demonstrasie in ‘n ligter luim aanbied.
    Groete Barbara en Herman

  • Platbek Paddatjie

    Dalk moet julle daaraan dink om te geskenkpakkies uit te dell deur om nommers of so iets te trek en nie om net uit te deel nie. Ja vrae sou ook doen soos bv wat wie en hoe in laas maand se Sarie!!!!!!!!

  • s5oCXt aihdjvpcolbl, [url=http://bbyjlobubmpz.com/]bbyjlobubmpz[/url], [link=http://yvcbxgebdsre.com/]yvcbxgebdsre[/link], http://dtkhnswyfmun.com/

  • Tom van den Heever

    Herman Lensing
    Het jou sop resep in sondag se koerant gesien en ook gelees van die lekker aartapelsuurdeeg brood van die bure. Ek het so suurdeeg plantjie. Het jy nie dalk vir die brood resep on ander lekker brood en ciabata resep nie asseblief
    Sien uit na jou email
    Dankie
    Tom van den Heever