SHakeUp Digitorial1
Kosstories

Begin elke dag op ’n hoë noot

Elke oggend is ’n nuwe begin en gee jou die kans om die dag se potensiaal te ontsluit. As jy die dag reg begin, gee dit jou die krag om enige taak aan te pak.

kelloggstag

Ons weet ontbyt is die belangrikste ete van jou dag. Dink net: Ná jou nagrus is jou liggaam al vir sowat agt tot twaalf uur sonder iets te ete. Soggens is jou lyf en brein gereed vir goeie kos.

As deel van ’n gebalanseerde ontbyt maak Kellogg’s-graankos jul metabolisme wakker sodat jy en jou gesin krag het vir ’n groot en bedrywige dag by die werk, skool en op die speelterrein.

In 1927 het ’n nuwe produk in die Kellogg’s-toetskombuis ontstaan: graankos van geroosterde rys. Die Amerikaner W.K. Kellogg het dadelik melk oor ’n bakkie vol van dié nuwigheid gegooi en ’n groot hap geneem. “Hier het ek nou ’n goeie ding beet!” het hy glo opgewonde uitgeroep.

’n Paar maande later was Kellogg’s Rice Krispies op die winkelrakke.

Na aanleiding van die radio-advertensie vir die nuwe ontbytkos in 1933, het die kunstenaar Vernon Grant die karakters Snap, Crackle en Pop geskep. Ons ken hulle vandag in Afrikaans as Knap, Knetter en Knak.

Ons wêreld het verander sedert mnr. Kellogg die eerste bakkie Rice Krispies geëet het – selfs hoe ons graankos voorsit. Ons almal probeer onsself met lekkerkry wakker kry. Dis waarom Kellogg’s onlangs hul nuwe veldtog, Shake up your wake up, bekendgestel het: Begin jou dag op die regte noot!

JY KAN WEN

Daar’s verskillende maniere waarop jy jou dag reg kan begin. Ons wil weet hoe jy jou en jou gesin wakker en gereed vir die dag kry. Hoe kikker jy jou ontbyttafel op?

Laai jou resep op www.shakeupyourwakeup.co.za en kry toegang tot ander Kellogg’s-aanhangers se resepte.

Van Mei tot November sal vier mense se lekker resepte met ’n geskenkbewys van R1 000 van  beloon word.

SHakeUp FB2

PRETTIGE KELLOGG’S-FEIT

Watter geluide maak Rice Krispies in ander lande?

Swede: Piff! Paff! Puff!

Duitsland: Knisper! Knasper! Knusper!

Mexiko: Pim! Pum! Pam!

Finland: Poks! Riks! Raks!

Holland: Pif! Paf! Pof!

Frankryk/Quebec: Cric! Crac! Croc!

Italië: Pif! Pof! Paf!