Reuben Riffel is die nuwe beoordelaar op MasterChef Suid-Afrika. FOTO: Twitter

Reuben Riffel is die nuwe beoordelaar op MasterChef Suid-Afrika. FOTO: Twitter

Kosstories

Reuben Riffel – einde van ’n era

Al het die bekende SA supersjef Reuben Riffel gisteraand die laaste ete voorgesit by sy ikoniese restaurant Reuben’s op Franschhoek, hoef sy aanhangers nie in sak en as te gaan sit nie: n nuwe en moderne Reuben’s maak later vanjaar in die einste hoofstraat sy deure oop. 

Ná 12 jaar het die restaurant intussen ’n tydelike tuiste gevind by die Chamonix-wynlandgoed as Reuben’s at Racine – ’n klein opwip-restaurant wat bistro-styl kos voorsit. Daar is net plek vir 40 gaste, so maak seker jy bespreek nou!

Die huurtermyn van die restaurantgebou het verstryk en in sy plek kom glo ’n supermark. Reuben en sy vrou, Maryke, het die geleentheid aangegryp om uiteindelik hul droom van baie jare te bewaarheid en het ’n eiendom gekoop vir hul nuwe restaurant – in dieselfde straat. Hulle is nog baie geheimsinnig oor die voorkoms, maar hulle belowe dit sal getrou wees aan die herinneringe van die oorspronklike Reuben’s in Huguenotstraat.

Jy kan steeds Reuben’s in Paternoster besoek

Gaste kan steeds gaan kuier by Reuben’s op Paternoster en Robertson.