FOTO Instagram  @mrchrismcmillan

FOTO Instagram @mrchrismcmillan

Kosstories

Bekendes met nuwe kookboeke

Hulle is nie net sterre op die grootskerm of die verhoog nie, hulle blink ook uit in die kombuis. Van Jennifer Aniston tot Audrey Hepburn en ons eie verhoogakteurs se resepte is eersdaags in boekvorm beskikbaar.

Die akteur Freddie Prinze Jr. was voor hy bekend geraak het as akteur ’n sjef. Sy kookboek, Back to the Kitchen, sal vroeg volgende jaar die lig sien. Sy vrou, aktrise en vervaardiger Sarah Michelle Gellar, sal die voorwoord daarin skryf.

audrey-435 (1)

Audrey Hepburn se seun, Luca Dotti, het resepte wat na aan sy ma se hart was, in ’n spesiale kookboek, Audrey at Home, saamgevat. Dié kookboek bevat 50 resepte, staaltjies oor Audrey en familiefoto’s.

Jennifer Aniston het aangekondig dat sy ook besig is met ’n resepteboek. Sy het vertel dat sy gewoonlik baie gesond eet, maar nie daarvan hou om haarself te ontneem van lekkernye nie. Dus kan daar ’n paar dekadente resepte verwag word in haar boek.

Encore! - fleur du cap kookboek high res

Hier by die huis deel Suid-Afrika se bekendste en mees geliefde akteurs hul gunsteling-resepte in Encore!, ’n kookboek deur Fleur du Cap (Human & Rousseau). Die boek bevat agter-die-skerms-stories en ’n verskeidenheid resepte deur akteurs soos Marius Weyers, Sandra Prinsloo en Anna-Mart van der Merwe.


 Kostalgie cover FA.indd

Kostalgie, die nuwe boek deur SARIE KOS se redakteur, Barbara Joubert, waarin sy jou neem op ’n kosreis deur haar lewe, verskyn ook eersdaags.

En SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, se tweede resepteboek, Nog ’n Voorskoot (Human & Rousseau), is ook op pad. Dit sal vanaf 1 September 2015 te koop wees.

Lees ook