Westfalia
Kosstories

Bobotie met avokado-salsa

Jy sal sukkel om ’n meer Suid-Afrikaanse gereg as bobotie te vind. Die resep het ’n paar twists: die bo-laag bevat klapper en die wenkombinasie van die klapper, die geurige vleis, droëvrugte, avokado en guacamole-salsa verseker dat jy dié resep oor en oor sal maak.

westafliatag

genoeg vir 6

• 2 dik snye volkoringbrood
• 250 ml kookwater of rooibostee
• 30 ml Westfalia ongegeurde avokado-olie (of ½ ongegeur en ½ brandrissie- of knoffelgegeurde avokado-olie)
• 1 kg maer bees- of volstruis-maalvleis
• 2 uie, fyngesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 30 ml gemmer, fyngerasper
• 15 – 20 ml matige kerriepoeier
• 15 ml elk van: gedroogde gemengde kruie, fyn komyn, koljander
•  5 ml fyn borrie
•  4 – 6 kardemomsade, fyn
• 10 ml garam masala
• 30 ml appelkooskonfyt
• 125 ml rosyne of Turkse appelkose, gehalveer
• 60 ml suurlemoensap
• sout en peper na smaak
• 3 eiers, geklits
• 250 ml klappermelk of karringmelk
• 6 lourierblare
• 60 ml klapperskaafsels of fyn klapper

Salsa
• 1 avokado, in blokkies gesny
• ½ x 200 g-houer Westfalia Guacamole, ongegeur
• sagte droëperskes of Turkse appelkose of 1 vars perske of mango, in blokkies gesny
• 45 ml amandelsplinters, gerooster
• 60 ml klapperskaafsels of fyn klapper
• 15 ml Westfalia ongegeurde of suurlemoengegeurde avokado-olie
• 30 ml vars koljander, gesny

1) Verhit oond tot 180 ˚C.

2) Plaas brood in vlak bak en bedek met kookwater of tee. Laat staan om te week.

3) Verhit olie in groot pan en braai maalvleis tot goud. Skep uit.

4) Voeg uie, knoffel en gemmer by en sauté vir ’n paar minute. Voeg speserye en gedroogde kruie by en braai totdat die geur uitkom.

5) Voeg die maalvleis, brood en konfyt by en laat prut vir 20 minute. Voeg rosyntjies of appelkose by en suurlemoensap na smaak. Skep in oondbak.

6) Meng eiers, klappermelk en klapper. Geur met sout en peper na smaak. Gooi oor die vleismengsel en plaas die lourierblare bo-op. Strooi die fyn klapper oor en bak in warm oond vir 20 minute of totdat die bo-laag gestol het.

7) Salsa Meng al die salsa-bestanddele en geur met sout en peper. Sit salsa saam met die bobotie voor. Geelrys of basmati-rys is baie lekker saam met bobotie.

samestelling