Kosstories

Botter se pryse sal nie in jou mond smelt nie!

Terwyl ek deur die rakke van my gunsteling-supermark in die noordelike voorstede van Kaapstad stap, speel een van die vreeslikste rillerflieks in my kop af: ek gaan nooit weer met botter kan kook nie!

Ek gaan my tasse moet pak en emigreer na daar waar ek botter kan bekostig. Want sonder botter is my kombuis vaal en leeg. Dis net daar dat ek toe besluit om in my kar te klim en die goedkoopste botter te gaan soek. So hier is die resultate van 12 botters en hul pryse. Die goeie nuus? Ja, ons gaan steeds met botter kan kook.

Food Lover’s Market Willowbridge

*Pryse aangedui soos in verskeie supermarkte, 20 April 2016

Food Lover’s Market Willowbridge

Clover Mooi River – R49,99 vir 500 g

Food Lover’s Market Willowbridge

Bonnita – R46,99 vir 500 g

OK Foods Oakdale

*Pryse aangedui soos in verskeie supermarkte 20 April 2016

OK Foods Oakdale

First Choice – R41,99 vir 500 g

OK Foods Oakdale

Bonnita – R38,99 vir 500 g

OK Foods Oakdale

Ladismith - R36,99 vir 500 g

OK Foods Oakdale

Clover Mooi River – R39,99 vir 500 g

Woolworths Welgemoed

*Pryse aangedui soos in verskeie supermarkte 20 April 2016

Woolworths Welgemoed

Woolworths Salted Butter R29,99 vir 500 g – tans op uitverkoping, jy spaar R9 volgens plakker op rak

Pick n Pay Welgemoed

*Pryse aangedui soos in verskeie supermarkte 20 April 2016

Pick n Pay Welgemoed

Clover Mooi River - R49,00 vir 500 g

(Geen eie handelsmerk beskikbaar in winkel nie)

Kwik Spar Strand

*Pryse aangedui soos in verskeie supermarkte 20 April 2016

Kwik Spar Strand

Spar Choice Butter – R39,90 vir 500 g

Shoprite Bellville

*Pryse aangedui soos in verskeie supermarkte 20 April 2016

Shoprite Bellville

Crystal Valley – R37,99 vir 500 g

Shoprite Bellville

Clover Mooi River – R53,95 vir 500 g

Checkers Willowbridge

*Pryse aangedui soos in verskeie supermarkte 20 April 2016

Checkers Willowbridge

Ladismith – R 53,95 vir 500 g

Die pryse:

En die goedkoopste botter in die Kaap:

IMG_8614

 

 

 

 

 

 

 

As jy hou van Ladismith se ikoniese botter, moet jy gaan draai by OK Foods Oakdale vir net R36,99 vir 500 g.

IMG_8887

 

 

 

 

 

 

Shoprite in Bellville se Crystal Valley gaan beslis in jou mond smelt teen net R37,99 vir 500 g.

image1

 

 

 

 

 

 

 

 

Terwyl Woolworths se botter op uitverkoping is, pak jou vrieskas vol – want teen net R29,99 vir 500 g is dit die winskopie van die week!