FOTO: Instagram @lynnhaufe

FOTO: Instagram @lynnhaufe

Kosstories

Braai vir bipolêre gemoedsteuring én Guinness World Record

Van 18 – 22 Maart is braai by die Tygervallei-winkelsentrum meer as net ’n lekker tydverdryf. Dán word daar gebraai vir bipolêre gemoedsteuring én vir ’n Guinness World Record. 

Twee Kaapse braaimeesters gaan probeer om vir vier dae lank sonder ophou te braai.

Richard Knoetze en Pieter van Dalen gaan dié Woensdag begin met hul poging om 96 uur lank vleis op vuurwarm kole te berei. Indien hulle suksesvol is, bring hulle die Guinness World Record vir die langste braai nóg weer terug huis toe (Suid-Afrika het verlede jaar dié rekord aan die Amerikaners afgestaan). Plus, geld word ingesamel sodat bipolêre gemoedsteuring vroeg gediagnoseer kan word.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

In Suid-Afrika is daar op die oomblik geen formele ondersteuningsnetwerk vir mense met dié steuring nie. Donasies sal gebruik word om ’n webtuiste en hulplyn op die been te bring.

Die publiek is welkom om dié geleentheid by te woon. Moenie jou vleis en donasies vergeet nie.

Besoek gerus die braaipolar webtuiste vir meer inligting.

Lees ook

Hoe weet ek my tiener is bipolêr?

Jan Braai se geheime wapen vir fietstoer is … braaivleis!

Braai-resepte vir Erfenisdag

3 van die beste marinades!