Kosstories

Roer! – Charlene Truter se falafel-balletjies

Charlene Truter en Tammy

Bestanddele

  • twee blikkies kekerertjies
  • 1 rooi ui, gesny in blokkies
  • ‘n hele bossie dhania, grofgesny
  • 2 teelepels komyn
  • sout en swartpeper na smaak
  • 1 rooi soetrissie
  • 2 knoffelhuisies
  • 2 eetlepels bruismeel

Falafel balletjies

Metode:

1. Gooi alles behalwe die bruismeel in ‘n bak en maak dit fyn met ‘n versapper/handmenger.
2. Voeg die bruismeel laaste by en meng goed deur.
3. Sit ‘n bietjie meel in jou hande en rol die mengsel in balletjies. Plaas dit op gesmeerde bakplaat en in voorverhitte oond (180°C) vir ongeveer ‘n halfuur. Jy kan dit halfpad omdraai.

Tzatziki

Bestanddele

  • 500 ml Bulgaarse jogurt
  • 1 komkommer fyngekap MET skil
  • 2 knoffelhuisies
  • ‘n blertsie suurlemoensap
  • ‘n paar stingels fyngekapte dhania
  • Sout en swartpeper na smaak

Gooi alles bymekaar en meng. Sit falafel voor met tzatziki.


Kyk die  Roer! episode hier