Kosstories

Roer! – Charlene Truter se gebakte vye met heuning en neute

Charlene Truter en Tammy
Bestanddele

  • ryp vye
  • 8 eetlepels heuning
  • 200 g Griekse jogurt
  • 25 g amandelvlokkies, gerooster

Gebakte vye

Metode

1. Sny ‘n kruisie in elke vy se bo-kant. Druk dit effens oop.
2. Plaas so drie vye binne-in foelie (bring kante van die foelie op sodat die heuning nie uitloop as jy dit oorgooi nie).
3. Maak die foelie toe soos ‘n bakkie en bak vir 15 minute op medium hitte totdat die vye sag is.
4. Sit voor met jogurt en neute terwyl vye nog warm is.

Kyk die Roer! episode hier