Kosstories

Roer! – Charlene Truter se vegetariese kerrie

Charlene sê: “Hier kan ek regtig nie hoeveelhede gee nie. Dit sit in my hand. Algemene reël is dat kerrie altyd twee keer so veel moet wees soos borrie en komyn. Alle los goed soos karamonk en all spice – nie meer as drie van elk. Daar kan dan min verkeerd gaan.”

Charlene Truter en Tammy

Bestanddele

  • een groot ui, gesny in blokkies 
  • 4 knoffelhuisies, opgesny
  • kerriepasta
  • kerriepoeier
  • borrie
  • karamonk (oopgedruk, nie uitgedop!)
  • komyn
  • all spice
  • lourierblare
  • ‘n stuk gemmer, opgesny
  • ‘n koppie rooiwyn

Groente wat goed saam pas, is patat, botterskorsie, wortels, murgpampoentjies, klein rooi tamaties en geblikte rooi bone.

Vegetariese kerrie

Metode:

1. Smoor die ui en knoffel tot sag. Gooi die speserye by. Hou hitte laag sodat die kerriepasta nie aanbrand.
2. Gooi die wyn by en nou en dan ‘n bietjie water.
3. Wanneer dit alles sag en aanmekaar gekook is, kom die groente in lae: patat en botterskorsie onder, dan wortels, dan murgpampoentjies en tamaties. Steek ‘n gaatjie in die tamaties sodat dit nie bars nie. Geblikte rooi bone kom by wanneer jy die pot afhaal van stoof.
4. Roer na ‘n halfuur alles deur. As die pot dors is, gooi nog wyn by (dalk ook ‘n vlak teelepel suiker. Dit hang af hoe soet die groente is).

Rys

Gooi ‘n teelepel anyssaad in die rys wanneer dit klaar gekook is.

Kyk die Roer! episode hier