donald trump
Kosstories

Clinton en Trump – kyk net wat eet hulle!

Die eetgewoontes van Hillary Clinton en (president!) Donald Trump is net so uiteenlopend soos hul politiek. Die kandidate van die afgelope Amerikaanse presidentsverkiesing sit duidelik nie om dieselfde kosvuur nie.  

Ja, Hillary en The Donald se kosvoorkeure is so ver van mekaar verwyder soos hul persoonlikhede.

Trump, die Republikeine se bombastiese biljoenêr-sakeman van New York, stel nie juis ’n gesonde voorbeeld nie. Hy het glo ’n voorliefde vir gemorskos en McDonald’s se Big Mac-hamburgers is een van sy gunsteling-happies. Dan is hy ook glo gek na die kitskosreus se Filet-o-Fish, ’n soort visvinger-toebroodjie wat Amerikaanse ma’s vir honger kinders voorsit.

En moenie dink The Donald eet sommer gemorskos met sy vingers nie, hy eet graag met ’n mes en ’n vurk (soos op die hooffoto by dié artikel). Iemand is nie lus om sy hande vuil te maak nie …

Trump, wat nie alkohol drink nie, se gunsteling-drankie is Diet Coke. Nóg iets wat dieetkenners se oë sal laat rek, is dat hy nie juis lief is om ontbyt te eet nie.

Die Demokratiese Party se Clinton, aan die ander kant, is baie meer bewus van die voordele van gesond eet. Sy hou glo van hoemoes, vis en Mexikaanse en Indiese geregte.

’n Ander interessante feit is dat Clinton ’n onblusbare lus vir brandsous soos Tabasco of Sriracha het en glo ’n botteltjie in haar handsak ronddra. Daar is ook ’n gerug dat sy daagliks ’n brandrissie eet vanweë die gesondheidsvoordele daarvan. Dit help blykbaar vir stamina en uithouvermoë.

Die potensieel eerste vrouepresident va die VSA gee ook nie om om af en toe haar kos met ’n ligte bier of glas wyn af te sluk nie, mits die geleentheid dit natuurlik toelaat. Kom ons hoop die verkiesingsuitslag is vir haar so ’n geleentheid om te vier!

Wie dink jy gaan die volgende Amerikaanse president wees? Laat weet ons in die kommentaarboksie onder die artikel of op Facebook en Twitter.

Lees nou

Is Trump ’n narsis? Lees hier

Tannie Poppie kook weer (met haar eie wyn ook) + haar gewildste pampoentert-resep!

Kan avokado’s vinniger ryp word in die oond?

Ons springmielie-resepte vir MasterChef + 5 geheime uit dié TV-kombuis