Die Nataniël Tafel
Het jy gehoor?

Die beste sê-goed van 10 September se ‘Die Nataniël Tafel’

In gisteraand, 10 September, se Die Nataniël Tafel het Nataniël kos gemaak om ons jonk en lank aan die lewe te hou. Hier is die resepte én sy beste kwinkslae.

“Mens eet nie as daar nog ‘n ogie op die bord is nie” – waarom jy heel sardiens moet skoonmaak en die koppe verwyder.

Raad vir vis gaarmaak: “Onthou, ‘n vis moet net skrik, dan is hy gaar …”

“Jy moet vir jou polisse kry en verskering koop, want as jy hierdie slaai eet, gaan jy baie lank lewe.” – Oor die gesonde Lankleef-slaai.

“Ek vermoed dis omdat papegaaie 300 jaar leef, omdat hulle hierdie sade eet.” – Oor die sade bo-op die Lankleef-slaai.

Oor sy gas, Mary-Ann Shearer, stigter van The Natural Way Network: “Sy’s so Engels soos Jane Austen, maar sy vang my so nou en dan.”

“Ek bly dik, mense verwar my kort-kort met meubels of ‘n bus.”

Dis nie die eerste keer dat Nataniël dít sê nie: “Ek kan nie sonder swartpeper lewe nie.”

“Free Range beteken die hoenders is gelukkig, ek het hulle al by ‘n troue sien optree.”

“Die helfte van die vreugde van kook is die opgewondheid van al hierdie reuke.”

“Ek wens ons kan kaneel onder ons arms sit. Dan ruik ons heeldag soos pannekoek.” – Oor die kaneel-kolwyntjies wat hy gemaak het.

“Dit lyk soos ‘n tannie wat in haar pajamas gaan lê het.” – Oor die servette wat hy gebruik het om te dek.

Die resepte

(Klik op die skakel om die resepte te sien)

Mediterreense vrienskapsmaal

Lankleef-slaai

Alkoholvrye sangria

Kaneel-kolwyntjies

En gesonder opsies uit die SARIE-argief: SARIE kook gesonder opsies van ons lekkerste resepte saam met Die Nataniël Tafel