mood restaurant kuier eet tafel
Kosstories

Die beste steakhouse in Suid-Afrika is …

Wie kan nee sê vir ’n lekker stuk steak? Maar waar in SA kan jy die beste kry?

Die beste steakhouses in die land word elke jaar in die Wolftrap Steakhouse-kampioenskap aangewys en The Local Grill in Parktown-Noord, Johannesburg, is vir die derde keer die wenner. Dié restaurant het ook in 2013 en 2014 gewen. Nie net het hulle die eer om te spog dat hulle die lekkerste steaks maak nie, maar hulle wen ook ’n volle jaar se Wolftrap-wyne.

3) 2016 Champion The Local Grill Parktown North L to R Inge Hoffmann, Steve Maresch, Pete Goffe-Wood

Hier is die lys van wenners

Wenner The Local Grill, Parktown-Noord, Johannesburg – Gauteng (2013-, 2014- en 2016-kampioen)

2de Little Havana in Umhlanga Rocks – KwaZulu-Natal (ook 2015 se wenner)

3de The Godfather, Centurion, Pretoria – Gauteng

4de Longhorn Grill, Bloemfontein – Vrystaat

5de Havana Grill, Durban – KwaZulu-Natal

6de The Cricketer, Oos-Londen – Oos-Kaap

7de The Grumpy Griller, George – Suid-Kaap

8ste Cattle Baron, Mosselbaai – Suid-Kaap

Waar eet jy die lekkerste steaks? Laat weet ons!

Lees nou 

Maak Martelize se flatervrye uiebrood

#SARIESondag kuier in tradisionele SA styl

Internasionale Sjokoladedag: vier dit só