Kosstories

Die SARIE Kos April/Mei 2011 is nou op die rak

Toe ek jonger was en nog by my ouers gebly het, het ek elke keer as hulle nie by die huis was nie my pêlle genooi vir ete. Die lekkerste, dis nou behalwe die kook, was om die spyskaart te beplan. Dit het dae geneem, al was daar net drie gange. Ek het die meeste van die tyd die vorige dag al begin met die kookwerk. Hoe meer tyd ek in die kombuis bestee het, hoe lekkerder was dit. Dit geld vandag nog. Om die spyskaart vir die talmkos op bl. 22 uit te werk was vir my een groot fees!

Nooi jou vriende en familie vir ‘n lekker herfsete en geniet die saamwees. Dis altyd ‘n spesiale tyd.

Lekker kook!

Barbara Joubert, SARIE KOS, kosredakteur

Hier’s ‘n voorsmakie uit die nuwe uitgawe!

TALMKOS


5-uur lamsboud

Dié tyd van die jaar speel die weer nog lekker saam vir lang kuierdae met familie en vriende. Maak die 5-uur lamsboud vir so ‘n lekker dag se kuier!

PROE DIE SEE


Seekos vars uit die water bly ‘n groot gunsteling – maar bevrore is net so lekker. Probeer die gapermossel-en-tamatie-pasta

6-UUR TUIS EET HALF 7


Dis eenvoudige kos wat binne 30 minute klaar is – moeiteloos en bekostigbaar, soos die hoender-en-kaaskebabs.

5 + 1-KOSREEKS

(GEBRUIK 5 BESTANDDELE EN VOEG ELKE KEER 1 EKSTRA BESTANDDEEL BY VIR LEKKER AFWISSELING EN VERSKEIDENHEID)


Kies 5 bestanddele, voeg net een by en maak 5 verskillende disse! Probeer die oondgebakte hoender met botterskorsie

Die beste PEPERMENT-YSKASTERT in die land!

KOSKUIER ONDER ‘N JAKARANDA


Heerlike onderstebo-groente-tert met port-afkooksel is op die spyskaart.

O LA-LA OLYWE


Olywe is vir veel meer bedoel as vir slaai. Kyk net die smul-lekker gebraaide olyfbrood!

MET ROOIWYN, JA!

Barbara is mal daaroor ommet rooiwyn te kook, kyk net die sjokolade-plaatkoekies met kersie-rooiwynsous.

GRAANKORRELS VOL VESEL


Dis goed vir jou om ‘n verskeidenheid grane in te kry, probeer die koringslaai vir afwisseling.

GESOND EET = LEKKER EET


8 lae GI-resepte saamgestel deur Hilda Lategan. Heerlike herderspastei met gebakte bone.

MELK EN HEUNING VIR POEDING

Propvol natuurlike krag vir elke dag, maak dié heuning-appeltert met volkoring kors en proe self.

  • Cornelia

    Waarom op dees aarde kan ek nie die 2 naaswenners op bl. 70 se resepte opspoor nie??

  • Anita

    Help asb! Ek kry nie die resept vir Melanzane Parmigiana (sien onderaan bl 40 – Eiervrug-resepte op sarie.com) enige plek op julle webblad nie.

  • Hans Moolman

    Ek soek hom ook.

  • Anita Krause

    Help asb! Lamsboud met bruin aartappels (Herfs 2008) is vandag op my spyskaart – die resep is nie te vinde op julle webblad nie.
    Anita K.

  • Marna Nel

    Wat het geword van die Sarie Kos (vir Mans) tydskrif? Ek het slegs die Augustus 2010 uitgawe en sien / kry nie nog van die tydskrif in die hande nie. Was dood eenvoudig MAL daaroor!

  • Debbie

    Bring back the English recipe index. It’s not a user friendly site anymore. Why did you change it at all? It’s near impossible to find the old favourites. HELP!

  • Lesley Bekker

    Please please bring back the english recipes – I used to spend an entire day printing them off and filing them to match up with the relevant issue of the magazine and could never wait for the new ones to appear so that I could update my file – your old format website was much nicer, why oh why did you change it? I would quite willingly pay a subscription fee for the english recipes if providing them was not working economically, and I am sure a lot of other folk would too – please rethink this matter as you probably have many english readers who relied on this service. Thanks for listening!!

  • anelma marthinus

    ek is mal of gaande oor sarie kos die tydskrif dankie n hou aan met die mooi werk en als van die beste vorentoe

  • Rynette van Vuuren

    Ek dink julle moet op die Webpage onder KOS – ‘n afdeling maak vir die WENRESEPTE van die wenner se gereg asook die 2 naaswenners se resepte – wil voorkom asof dit vir baie mense ‘n probleem is om die naaswenners se resepte op te spoor op die KOS blad van julle.
    Groete
    Rynette

  • I

    Hi, ek sal ook daarvan hou as die 2 naaswenners se resepte geplaas word en nie net hul name nie. Smaak verskil tog. Dankie vir ‘n puik tydskrif!!

  • Dina

    Ek is opsoek na ‘n Pampoentertresep met karamelsous.

  • Anneke

    Ek is opsoek na die brownie resep van Babara wat sy in die April/Mei 2011 uitgawe van SarieKos gepubliseer het.
    Kan julle dit asb vir my aanstuur