Kosstories

Klits-en-klets-kok-blog: Dieetloos vir ‘n week

“Soos iemand wat selektief kleur sien as hulle kleurblind is, sien ek selektief net die kos in die yskas wat vet maak! My lewe lank is ek al in ’n stryd met kilojoules. Ons is aangetrokke tot mekaar, soos twee in ’n vurige liefdesverhouding. Ons het mekaar al keer op keer probeer afsê, met dieet op dieet, maar ons eindig maar net altyd weer saam op. In dieselfde bootjie.

“Die winter is hier en soos gewoonlik moet ek die kombuiskas met slot en grendel sluit om myself daar uit te hou. ’n Stomende koppie warmsjokolade is dan so lekker voor die kaggel, en ’n warm gebakte poeding is ’n móét op ’n koue Sondagmiddag.

“Ek voel soos iemand wat kilometers aaneen hardloop, uitgeput van weghardloop van karamel, kondensmelk, sjokolade en al die lekkernye wat my in die gesig staar. Dus het ek het besluit om vir ’n week in te gee. Dis uit by die venster met my probeer-só-hard-reg-eet-dieet – vir ’n hele week lank.

“Vir ’n week sal ek in sjokolade rondrol as ek wil. Boonop sal ek nie wegkruip vir verleentheid omdat ek iets propvol kilojoules geniet nie. Ek sal vir ’n week lank nie skuldig voel as ek iets suikersoet na hartelus eet nie. Miskien verstaan jy my pyn om elke dag iets waarvoor jy so lief is op te gee. Miskien wil jy jou selfs net vir ’n dag oorgee aan suiker?

“Indien jy wonder of jy ook vir ’n week moet uitrus voor jy jou dieet met nuwe moed aanpak, is daar sewe resepte wat jy dalk moet onthou…”

Onthou: Suiker-liefhebbers weet wanneer om te stop. Nie bedoel vir persone onder 18 jaar nie.

Liezl se 7 onthou-dinge

Herman se ystervarkiekoek
Sjokolade-plaatkoekies
Warm dubbelsjokolade-drankie
Grenadella-suurlemoentert
Melktert-fudge
Sjokolademousse-terrien
Karamelkaaskoek-broodjies

 

Gaan kyk bietjie wat is in jou koskas, wat kort jy?

Klits-en-klets-kok

Liezl

Volg my ook nou hier en kook saam:Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok