FOTO Instagram @chefjbuss

FOTO Instagram @chefjbuss

Kosstories

Dís hoe vars wasabi, borrie en peperwortel lyk

Het jy geweet wasabi, borrie en peperwortel is eintlik knolgroentes? 

Die groen pasta wat met jou sushi kom is gewoonlik ‘n mengsel van peperwortel, mosterd en groenkleursel! Ware wasabi, wat van die wortel van die wasabi-plant gemaak word, word geoes uit rivierbeddings en is baie skaars. Dit moet vars gerasper word en moet dadelik gebruik word, want die geur gaan binne minute verlore.

Borrie kom oorspronklik van ’n wortel wat soortgelyk aan ’n gemmerwortel lyk. Die binnekant is ’n lieflike helder geel/oranje kleur. Die geur is ook meer intens wat beteken dat jy aansienlik minder daarvan hoef te gebruik as die poeier wat jy koop.

Die Eike in die Noree-vallei in die Wes-Kaap groei gemmer sowel as borrie. SARIE se kosredakteur Herman Lensing het hul onlangs besoek en was aangenaam verras met die lieflike skatkus uit die natuur. Lees meer hier.

Borrie is ook baie trendy op die oomblik, veral vir die moontlike gesondheidsvoordele wat dit kan inhou. Hollywood-sterre soos Gwyneth Paltrow drink borrie-lattes en dié drankie is glo in elke koffiewinkel in Los Angeles beskikbaar. Kry Gwyneth se resep vir haar borrie-latte HIER.

Instagram @piccoloplates

FOTO Instagram @piccoloplates

Peperwortel (horseradish) neem tussen 12 en 15 maande om te groei en is die minder bekende familielid van kool, mosterd en die radys. Dit word gewoonlik voorgesit met beesvleis en kom algemeen gebottel voor.

Instagram #hilbilbyculturedfood

FOTO Instagram #hilbilbyculturedfood

Lees nou

#Koester-kos op sy beste: 3 pastageregte vir winter

Eet sop en word maer

Vinnige vark-gereg – in een pot!