Kosstories

Droomkos – Sjok-sjef toor met soetgoed

Droomkos

Sjok-sjef toor met soetgoed

70% plesier
Vir ekstra kakao-geur is Lindt se 70%- donker-sjokolade ideaal. Sowat R22,49 vir 100 g. Gebruik dit vir die broodpoeding, berlyners en truffels.

Wit en romerig
Vir die broodpoeding is Lindt se Classic White sjokolade net reg. Sowat R15,99 vir 100 g.

In ’n neutedop
Pistasieneute is onweerstaanbaar as hulle eers uit hul dop gekruip het. Dis fyngekap en gebruik om die truffels in te rol.

Lekker vir sjokoladekoek
‘n Goeie donker kakao-poeier soos dié van Nestlé maak die verskil tussen ‘n gewone en ‘n legendariese sjokoladekoek.

Vars gis
Aktiewe gisblokkies is nuut op die rak! Anchor Cube Yeast is by uitsoek-takke van Spar te kry. R1,99 per blokkie.