nobu_1_
Kosstories

Een gróót ervaring

Dié superluukse oord sal spog met twee internasionale restaurante wat onderskeidelik deur befaamde Britse sjef Gordon Ramsay en wêreldbekende sjef Nobuyuku ‘Nobu’ Matsuhisa geopen sal word.

Gordon Ramsay sal maze open – dit het ’n susterrestaurant in Brittanje, nogal met ’n gesogte Michelin-ster. Die proehappie-grootte-geregte sal op tradisionele Suid-Afrikaanse resepte gebaseer wees en plaaslike seekos en wild bevat. Die land se grootste versameling Suid-Afrikaanse wyn – meer as 6 000 soorte – sal in die wynsolder gehuisves word. 

Nobu, reeds oorsee bekend vir hul innoverende dog klassieke Japannese disse (daar is takke in verskeie wêreldstede), sal vars Suid-Afrikaanse seekos en inheemse speserye in hul spyskaart insluit. Kreatiewe soesji en sashimi, eksklusiewe sake en Japannese bier sal ook hier op jou wag.

http://www.oneandonlyresorts.com