Kosstories

Ek is 16

My kos

Klassieke bederf
Gebruik Lindt se Classic White sjokolade saam met die meringues vir ’n pure bederf.
Dit kos sowat R16 vir 100 g by supermarkte.

Laer in vet
Gladde, laevet roomkaas soos Simonsberg s’n werk ewe goed in nagereg én soutgeregte. Dit is ’n móét vir die volkoringklapperkoek en kos sowat R23 vir 230 g by supermarkte.

Fynproe
Jy sal ’n verskeidenheid konfyt nodig hê vir die konfyt-tertjies. All Gold se Connoisseur’s-reeks sluit aarbei-, bessie- en appelkoos-geure in. Dit kos sowat R22 vir 450 g by supermarkte.

Delikate smaak
Fillodeeg is baie dun en delikaat en jy koop dit gewoonlik bevrore. Dit word tradisioneel in sout- en soetgebak gebruik. Pick n Pay Choice fillodeeg kos R15 vir 500 g.