Kosstories

Fees van olywe

Dit word gehou op die oudste wyn landgoed van daardie omgewing, Allesverloren. Feesgangers kan van die land se beste olywe smaak sowel as port en wyn proe.

Daar is allerhande Mediterreense bederf vir die fynproewer. Olywe, olyfolie op vars gebakte brode, kase, konfyt en biltong is bo aan die spyskaart.

Daar is hope pret vir kinders en toegang is gratis.

Gaan geniet ’n dag vol rustige vrede en smul-lekkernye in Riebeeck-Kasteel.

Besoek www.riebeekvalley.info vir meer inligting.

 Leer ken Olywe Leer ken olywe
 Gebraaide Olyfbrood Maak ‘n heerlike olyfbrood

Kry SARIE Kos Mei/Junie 2011 vir meer olyf-resepte

  • Cindy Luus

    Hoekom is al die lekker goed in die Kaap? Ons hier in Gauteng kan net "drool" oor dit!! Al julle Kapenaars moet dit geniet en dink maar aan ons ou droe bekkies in Gauteng!! Ons kan maar net ‘n bottel Allesverloren Merlot koop en ons eie fees hier hou voor die kaggel!! Dalk is dit tyd om te verhuis??

    Geniet dit en dankie vir die info! nou kan ons volgende jaar beter beplanning doen en by die fees wees volgende jaar!!