@branna_1506

@branna_1506

Kosstories

FOTO’S: Hibried-lekkernye

Wat is lekkerder, ’n muffin of ’n croissant? Wat van ’n kruis tussen dié twee lekkernye? SARIE se kos-assistent, Tanya Pöhl, vertel ons meer van hibried-kos, wat beslis die mond laat water.

Croissant + Muffin = Cruffin

Croissant-deeg met ’n (soet of sout) vulsel, in die vorm van ’n muffin. Dié kruising is ’n gewilde alternatief vir ’n toebroodjie. Dit word nie in vet gebraai nie, maar teen ’n hoë temperatuur gebak, wat ’n bros en botterige tekstuur verseker.

FOTO: Instagram  @bornandbreadfl

FOTO: Instagram @bornandbreadfl

Doughnut + Muffin = Duffin

Nie baie anders as die cruffin nie. Hiér word doughnut-deeg in ’n muffinvorm gebak en met ’n verskeidenheid soet en sout bestanddele gevul.

Pie + Cake = Pake

Dit is basies ’n pastei wat bedek word met koekdeeg en dan weer gebak word. Die pake word soos ’n koek versier, maar daar is ’n lekker verrassing in die binnekant.

FOTO: Instagram  @heilbrice

FOTO: Instagram @heilbrice

Brownie + Cookie = Brookie

Wat kry jy as jy ’n sjokoladesplinter-koekie op ’n brownie sit? Dit word ’n brookie genoem: ’n bros koekie met die taai middel van ’n brownie!

FOTO: Instagram  @charlottehuneau

FOTO: Instagram @charlottehuneau

Cookie + Croissant = Crookie

Uitgerolde koekiedeeg wat in ’n croissant toegevou word. Wanneer die crookie bak, gebeur daar iets baie spesiaals: die koekiedeeg bly sag, maar die croissant-deeg kry sy kenmerkende lagies.

FOTO: Instagram @tinatalkstoday

FOTO: Instagram @tinatalkstoday

Brioche + Muffin = Bruffin

’n Verskeidenheid soet en sout muffin-deeg gemeng met die botterige gis-deeg van ’n brioche. Dié is die perfekte middagete in een happie!

Bronne: Trend Hunter Lifestyle en Food & Wine 

Lees ook

Herman maak appel-tarte-tatin-koek

Herman se ystervarkie-koek – stap vir stap | SARIE …

Lemmetjie-en-klapper-kaaskoekies, Bessie-kaaskoek-nagereg, Jogurtjellie (Trio van nageregte)