sr1304_franci_swanepoel01
Kosstories

Franci Swanepoel se ‘Banting’-grenadilla-mousse

SARIE.com hoor elke Vrydag by bekendes wat hul gunsteling-resep vir die naweek is. Hierdie week het ons by aktrise Franci Swanepoel gaan aanklop.

Die aktrise en TV-aanbieder Franci Swanepoel het ’n rukkie gelede dié einste resep in SARIE gesien en dit aangepas vir “almal van ons wat ’n stryd voer teen die vet.”

“Dit is honderd persent wettig op Tim Noakes se banting-dieet en boonop maklik – dit doen wondere vir die soettand so dan en wan …” vertel Franci.

Wat het jy nodig?

  • 300 ml dik room
  • 95 ml Xylitol
  • 6 vars grenadilla, mousse uitgekrap
  • 70 ml vars suurlemoensap

Hoe maak jy dit?

  • Bring die room, Xylitol en granadilla-mousse tot kookpunt, laat vinnig kook vir vyf minute.
  • Verlaag hitte tot room stadig prut. Roer suurlemoensap by en hou aan roer vir vyf minute terwyl mengsel prut.
  • Verpulp mengsel met staafmenger.
  • Verdeel mengsel in agt klein ramekins (bakkies) en laat stol in yskas tot koud.
  • Sit voor met ekstra grenadilla-mousse bo-oor.

*Kyk uit vir Franci as sy vanaf 16 Maart weer die rol van Laetitia du Preez speel in Deon Opperman se Getroud met Rugby. Binnekort begin sy ook skiet aan die tweede seisoen van Sterlopers. (Albei programme is op kykNET.) In laasgenoemde reeks vertolk sy die rol van Lorraine Jooste.