FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Kosstories

‘Gelukkige’ kosse vir Vrydag die 13de

Ongeluksvoël? Dan is vandag nie jou dag nie. Dinge kan glo erg verkeerd loop op Vrydag die 13de. Hou die geluk aan jou kant met dié kos-bygelowe!

Knoffel sal die vampiere weghou, maar asseblief, moenie sout mors nie en moet ook nie ’n piesang met ’n mes sny nie.

Onthou ook altyd om iemand met ’n muntstuk te beloon as die persoon vir jou ’n mes as geskenk gee …

Vandag lag ons miskien vir hierdie bygelowe, maar dis tog interessant om te weet wat die oumense geglo het.

Kersie op die koek

Verjaardagkersies kom van die antieke Grieke. Hulle het maanvormige koeke gebak vir die maangod Artemis, maar al dié feesvieringe kon die bose geeste wek. Om dié geeste weg te hou het hulle kerse op die koeke gebrand.

Borrel oor van geluk

Vang borrels op jou koffie met ’n teelepel op en sluk dit in. So kan jy groot geld wen!

FOTO Unsplash / Brigitte Tohm

FOTO Unsplash / Brigitte Tohm

Suur druiwe?

Oujaarsaand moet jy om middernag 12 druiwekorrels eet – een met elke slag van die klok wat die nuwe jaar inlui. Dit bring 12 maande van geluk, glo die Spanjaarde.

FOTO Unsplash / Maja Petric

FOTO Unsplash / Maja Petric

Piesangs

Sny jy ’n piesang met ’n mes, tart jy die noodlot. En moenie eens daaraan dink om ’n piesang op ’n boot te neem nie – niemand gaan ’n vis vang nie, of nog erger, die boot gaan onder die water verdwyn.

Slurp jou noedels op

Sny jy jou noedels sodat jy hulle makliker kan eet? Jy verkort jou lewe, glo die Chinese. Lang noedels, lang lewe.

FOTO Unsplash / Sarah Boyle

FOTO Unsplash / Sarah Boyle

Sout oor watter skouer?

Sout gemors? Gooi met jou regterhand ’n knippie sout oor jou linkerskouer om die teenspoed weg te hou.

FOTO Unsplash / André Robillard

FOTO Unsplash / André Robillard

Rys

Rys by ’n troue simboliseer vrugbaarheid en voorspoed vir die paartjie.

Wie kry die geluksbeentjie?

Gesinne baklei nie verniet oor dié hoenderbeentjie nie! Trek dit en die een wat die grootste deel kry se wens word waar, volgens ’n ou geloof dat hoenders waarsêers is …

Wat nou meer!

Bronne: Huffington Post, Food Network

Lees nou

Selfoon-skoonmaaktyd! Vee hierdie apps uit

Sorteer só jou huis kamer vir kamer uit

Is jy slimmer as ’n graadeen?