FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Kosstories

Geurige hamburger

Moenie TABASCO® net bo-oor jou kos sprinkel nie – kook daarmee! Gebruik enigeen van die geure om ’n wen-burger te maak.

tabasco tag

Hamburger met guacamole

genoeg vir 4

Burger

• 1 ciabatta-broodrolletjie
• 500 g bees-maalvleis
• 1 eier
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 30 ml TABASCO® GREEN PEPPER SAUCE
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 4 ciabatta-broodrolletjies
• 40 g bronkors
• 4 snye wit cheddarkaas
• 2 tamaties, in skywe gesny

Guacamole

• 2 avokado’s
• 6 kort rooi sprietuie, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 6 – 8 druppels TABASCO® GARLIC PEPPER SAUCE
• sap van 1 lemmetjie

BURGER Kap die broodrolletjie fyn in voedselverwerker tot krummels vorm. Plaas maalvleis, eier, knoffel en TABASCO® GREEN PEPPER SAUCE saam in mengbak. Geur met sout en peper. Vorm 4 patties. Plaas in yskas vir 30 minute. Verhit ’n riffelpan. Braai patties weerskante tot so gaar as wat jy dit verkies. Sny rolletjies oop en plaas in dieselfde riffelpan met gesnyde kant na onder. Braai tot net goudbruin.

Plaas bronkors op die onderkant van die rolletjies. Plaas ’n pattie bo-op, dan kaas en dan tamaties.

GUACAMOLE Skep die avokado-vlees in mengbakkie. Druk fyn met vurk. Voeg sprietuie by en geur met sout en peper. Voeg TABASCO® GARLIC PEPPER SAUCE en lemmetjiesap by. Meng goed en skep bo-op burgers. Maak burgers toe met boonste deel van rolletjies.

* TABASCO® is ’n eksklusiewe geregistreerde handelsmerk van McIlhenny Company, Avery-eiland, Louisiana, VSA 70513

** Resep en stilering Barbara Joubert
Bygestaan deur Philippus le Roux