Kosstories

Glutenvry

My kos

Ongegeur
Jy kan ongegeurde jogurt van Spar in plaas van Bulgaarse jogurt gebruik vir die basiese
Glutenvrye broodresep.

Jou eie pasta
Jy kan self glutenvrye pasta maak met pastameel van Orgran. Voeg bloot water by en knie. Dit kos sowat R42 vir 375 g by uitsoeksupermarkte en gesondheidswinkels.

Klaar reg
Klaargerolde, glutenvrye fettuccine-pasta van Pasta Regalo is by uitsoek-takke van Pick n Pay en gesondheidswinkels beskikbaar teen sowat R28 vir 400 g.

Droog en lekker
Gedroogde bosbessies (cranberries) is in 100 g-pakkies beskikbaar by Woolworths. Eet hulle net so of gebruik in gebak en slaaie. Dit kos sowat R12 vir 100 g.