melktert
Kosstories

Gunstelinge uit Ouma se resepteboek

Ons het julle op ons Facebook-blad gevra wat julle gunsteling-dis uit Ouma se resepteboek is. Hier is wat julle te sê gehad het:

Susan Marx Myburgh:
“Regte egte outydse melkkos met kaneelsuiker. As ek nie my voet neersit nie sal my mense dit elke aand wil eet.”

Azaan Groenewald:
“Soetkoekies. Ouma het dit elke Desember-vakansie vir ons gemaak, en laasjaar het ek dit self probeer – Dankie tog Ouma is nog hier om hand by te sit.”

Susan Jordaan:
“Vla koekies en jam-tertjies. Ai hoe wens ek my mammie het vandag nog gelewe dan kon ons die Kersfees saam gebak het.”

Hannelie Lochner:
“Seker maar haar pampoenkoekies en Jan Ellis-poeding.”

Maryke Plaut:
“Frikkadelle toegerol in koolblare, met witrys, ertjies & soetwortels… Vir nagereg was dit pampoenkoekies met klomp kaneelsuiker!”

Irina Snyman:
“Outydse rugstringpastei en wit ystervarkies.”

Rene van Jaarsveld:
“Ouma se wynhoender. So lekker!”

Elsa Oberholzer Grobler:
“Ouma Bets Oberholzer se Sagopoeding! Uit die boonste rakke, veral daardie tuisgemaakte heel appelkooskonfyt. Jy delwe behoorlik om daardie konfytstuk raak te skep en aan te smul. DANKIE, Ouma Bets, vir die heerlike heerlikheid wat altyd by my sal bly al is u al 88 jaar jonk.”

Christa Anna du Toit:
“Bobotie en geelrys. En pampoenkoekies.”

Annelie Buchler:
“Souskluitjies!”

Adri Van Rensburg:
“Skaapnekbredie.”

Michelle Beaton Laubscher:
“Alles-in-’n-pot!”

Rolene Barnhoorn:
“Hollandse Ouma… Appelflappen, krentebolle met Oujaar!”

Elize Verwaaij-Mare:
“Romerige tarentaal of fisant met uie en aartappels, egte boereboontjies met soetpatats en broodpoeding!!! Alles gedoen in of bo op ‘n koolstoof!”

Mi-anie Van Rensburg:
“Gemmerkoekies! Beste innie wêreld.”

Ria DeWet Harmse:
“Hoe sy dit reggekry het om die vetgevoerde werfhaan te kon rek om al die kinders en kleinkinders te voed…”

Santa Kloosterziel:
“Vrugtekoek! Donker en lekker aangeklam!”

Leani de Wet Odendaal:
After dinner mints: sulke smelt-in-die-mond lekkertjies van kondensmelk, versiersuiker en eierwit met groen kleursel en mint essence!”

Hannelie Stafleu Kriek:
“Kerspoeding soos net Ouma dit kon maak.”

Anmar Volschenk:
“Vars gebakte brood en plaasbotter!”

Anita van der Linde:
“Ouma se boontjiesop en vars gebakte brood.”

Hannie Botha:
“Gestoofde beesvleis met wortels en aartappels!”

Wilma Kellerman:
“Ouma se groenvyekonfyt!”

Joey Matthee:
“Haar regte egte outydse melktert!”

Erica Van Jaarsveld:
“Ouma van Jaarsveld se blaarkors-resepte vir Jam-tertjies en melktert.”

Lottie Esterhuizen:
“Baie beslis souskluitjies. Dit smelt in jou mond met daai kaneel sousie.”

Tanja Lategan:
“Tamatie-rysslaai.”

HIER IS SOORTGELYKE SARIE EN SARIE KOS RESEPTE VIR NOG INSPIRASIE

Gestoofde spesery-beesstert
Bobotie
Gestoofde spesery-beesstert Bobotie
Boontjiesop Tuisgebakte brood
Boontjiesop Tuisgebakte brood
Broodpoeding Coq au vin (hoender in rooiwyn)
Broodpoeding
Frikkadelle toegedraai in kool Gebakte sagopoeding
Frikkadelle Sagopoeding
Melktert Melkkos
Melkkos
Outydse soetkoekies met groenvye en kaas 
Vrugtekoek
Soetkoekies Vrugtekoek
  • http://www.house-of-weddings.co.za johan cloete

    halo daar
    ek is opsoek na n resep vir jamtertjies met suurrroom gemaak asb
    dankie
    johan

  • Sonja

    Op soek na ‘n resep vir jamtertjies met sodawater genaak

  • Carina Scholtz

    Hi Sonja

    Hier is n ou resep van my ma

    Handtertjies

    1 pond margarine
    1 klein botteltjie sodawater
    5 kop meel.

    Meng die meel en botter goed met vingers. Voeg die sodawater by en meng tot n stywe deeg. Druk uit in ronde vorms. Sit appelkooskonfyt wat in meel gerol is in die middel van die sirkel en vou dubbeld. Werk die randjies mooi af. Smeer eiergeel bo-oor en bak tot gaar.

  • michelle

    helo daar ek is op soek na n resep vir pilafstyl rys kan jy as help

  • Irene Visser

    Ek het ‘n Springbok present gekry en soek resepte om ‘n wildspastei te maak en om ‘n springbokboud gaar te maak. Dankie, Irene

  • Johann

    Ek is op soek na die gemmerkoekies resep wat in SARIE Desember 2009 se uitgawe verskyn het.

  • Anita Wils9on

    Ek soek ook na ‘n resep vir die outydse jamtertjies, gewoonlik met skilferkors gemaak, maar sal enige resep waardeer.

  • karen evans

    Ek was vandag by ‘n kerkbazaar en daar was ‘n klein koekie ding
    war ‘n vrou gese het dat dit "repelsteeltjie" genoem word. Dit was
    soooooo lekker. Waar of wie ken die resep. Asb !!!!!!!

  • katey

    ek is asb op soek na ‘n choclot koek resep wat leke sag klam is,