Kosstories

Herfs 2008 – Droomkos

Droomkos

Dis mos kaas

Met min vet
Sagte ricottakaas is laag in vet en sout. Die tekstuur is byna soos dié van dik suurroom. Gebruik Zandam s’n vir die plaatkoekies op. Sowat R26 by supermarkte.

Romerig
Dis amper soos ryk, styfgeklopte room, perfek om die plaatkoekies mee af te rond. Lancewood se mascarponekaas kos sowat R20 vir 250 g by supermarkte.

Staatmaker pasta
Macaroni bly maar ‘n staatmaker, Barilla macaroni is in slegs sewe minute gaar. R16,99 vir 500 g, slegs beskikbaar by Pick n Pay.

Moeitelose olywe
Ontpitte swart olywe van Tuna Marine is baie gerieflik vir die fetakaasquiche. Sowat R12 vir 200 g by supermarkte.

New York

Worsbroodjie-worsies
Gebruik Enterprise Weense worsies vir jou eie New Yorkworsbroodjie. Sowat R9 vir 250 g by supermarkte.

Voel tuis
Smul aan ‘n New York-styl kaasburger met I&J se Homestyle-biefburgers, sowat R23 vir ses by supermarkte.

Mexikaanse happie
‘n Taco is ‘n mielie-tortilla wat gebak, gevorm en gediepbraai is tot ‘n krakerige dop, net reg vir ’n geurige vulsel. R29,95 vir 135 g by Woolworths.

Pretzel-happies
‘n Mens kry massiewe pretzels in New York, maar probeer hierdie happiegrootte soort van Woolworths teen R7,95 vir 100 g.

Patats

Soet op die tong
Strooisuiker verseker ‘n ligter, meer delikate fyngebak. Vir versiersuiker word rietsuiker heeltemal verpoeier. Probeer Spar se reeks.

Mooi prentjie
Jy kan hierdie stensil (R89) van @home gebruik om ‘n mooi kaneelpatroon op die patattertjies te maak.

In ’n blik
Nie lus om self patatsop te maak nie? Gebruik dan Denny se patat en gemmersop.  Jy hoef dit net op te warm. Sowat R10 by supermarkte.

Strooi oor
Hou ‘n botteltjie Robertsons neutmuskaat byderhand vir die patat-muffins. Sowat R22 vir 100 ml by supermarkte.