Kosstories

Herfs 2008 – Stylkos

Stylkos

Heerlikheid op note

Asyn vir jou wildsvleis
Marineer jou wildsvleis vir die wildspastei in bruin asyn van Spar. Dit sorg vir sagter vleis en ekstra geur.

Pasmaats
Kweperjellie is heerlik saam met enige wildsgereg. Bedien dit saam met die wildspastei. Gebruik gerus Staffords s’n. Dit kos sowat R13 vir 155 g by supermarkte.

Gerookte lekkerte
Repiespek van Enterprise gee die wildspastei daardie heerlike gerookte smaak. Sowat R19 vir 250 g by supermarkte.

Ruik dit!
Aromatiese kardemomsaad word in die meeste kerriedisse gebruik, soos die hoenderkerrie. Beskikbaar by supermarkte en speserywinkels.

Indies

Die regte rys
Vul jou huis met die geurige reuk van Spekko basmati-rys. Ideaal vir die rys met amandels en ertjies.

By groente
Dié klein swart saadjies word dikwels in Indiese groentedisse gebruik. Gebruik dit in die bredie en dhal. Sowat R15 vir 55 g by supermarkte.

Sonder pit
Jy sal Safari se ontpitte dadels nodig hê vir die dadeltoffie. Sowat R8 vir 250 g by supermarkte.

Smaak in ’n blaar
Gebruik gedroogde kerrieblare soos dié van Spice Mecca as jy nie vars kerrieblare vir die
dhal in die hande kan kry nie. Sowat R4 vir 6 g by uitsoek-supermarkte en speserywinkels.

Soufflé

Vinnige vla
Dié langlewe vanieljevla van Parmalat is ideaal vir die grenadellasoufflé. Sowat R17 vir 1 liter by supermarkte.

Saam met biltong
Gebruik hierdie Deense bloukaas van Rosenborg vir die biltong-en-bloukaassoufflé. Sowat R18 vir 100 g by supermarkte.

Bevrore bessies
As jy sukkel om vars bessies te kry, kan jy dié bevrore bessies van Woolworths gebruik vir die omelet-soufflé. Dit kos R29,95 vir 400 g.

Grenadellapulp
Geblikte grenadellapulp van Miami is net so lekker in die grenadella-soufflé soos vars pulp. Dis ook heeljaar beskikbaar. Sowat R4,40 vir 115 g by supermarkte.