sk0911barbara_herman03
Kosstories

Herman se blog: Soos ’n voël in die lug

Hoog bo die wolke met net die wind in my ore, die son in my gesig en die gevoel absolute vryheid. Dit was altyd net ‘n fantasie, want kyk, hoog bo die wolke sal jy my nie maklik vind nie. My vrees vir enigiets hoër as twee trappies is onbeskryflik.

So ontvang ek mos toe laas week ‘n uitnodiging na die bekendstelling van ‘n kliënt se nuwe bemarkingsveldtog vir 2010. Die uitnodiging was nie baie duidelik oor wat presies gebeur nie, maar die kleurrykheid van taxi’s en opslaanhuise het my oortuig van ‘n ete in Soweto. VERKEERD!

Ná ‘n 2 ure-vlug na Johannesburg het ek uiteindelik ‘n antwoord op my vraag gekry: Ons gaan eet in die wolke.

Die vrees was oral in my liggaam, my voete was meteens te swaar. My hande bewe. My oë word wasig en my maag pyn. In my kop bly draai die woorde van my pa: “Kry eers die feite, dan begin stres jy”. 

Die feite: Ons gaan 50 meter bo in die lug aan ’n stoel vasgebind word, met niks onder my nie. Die feite het almal gedui op alles wat ek vrees.

Ons almal is met een slag gevra om asseblief ons sitplekke in te neem. Duisende vrae omring my en ek soek ‘n rede om agter te bly. Die rit na bo kan ek nie juis eintlik onthou nie. Al wat ek wel kan onthou, is hoe hoër ons gegaan het, hoe swaarder het my voete geword en hoe meer het ek gebewe.

Ná die uitmergelende vlug het ons die geleentheid gekry om uiteindelik ’n fantasie te beleef. 21 van ons kry die geleentheid om ontbyt saam met die engele te eet. Tot nou toe nog soek ek die engele. Wat ek geëet het, kan ek ook nie juis onthou nie – net dat elke happie baie ver van my af gevoel het. My hande was swaar en ek was vasgevang op ’n plek waar ek nêrens kon gaan nie.

45 minute later is ons onder toe. Die gevoel van vrede en vaste grond was onbeskryflik. Dit was vir my duidelik dat die fantasie van eet in die wolke nie vir my is nie. Ek is maar ‘n ou tradisionele outjie. Ek eet graag by my lang houttafel, met die vryheid van kom en gaan soos ek wil. As ek rêrig die vreugde van die natuur wil ervaar, dek ek ’n tafel op die stoep.

Die tafel is vir my so ’n spesiale plek. Kosmaak is so uniek. Om dit te ervaar is vir my seker een van die grootste vreugdes. Om in die wolke te eet, is ’n proses van pyniging en absoluut sinneloos!


- Herman Lensing, SARIE-kosredakteur

  • http://jusufvbeputm.com/ kpbpmsof

    EgdNxO cgduvyliccbc, [url=http://kilqijrucijt.com/]kilqijrucijt[/url], [link=http://qbjyyhstmbvn.com/]qbjyyhstmbvn[/link], http://nwsgeprxrgsq.com/

  • http://www.acnetreatment2k.com/ thrhtrurth

    foykswhovhrwjpwkowmpx. acne treatment
    govbqy

  • Bobby

    leider kf6nnen die meeistn Leute nur was mit links recht und konservativ liberal anfangen. Bis wir Vorne wirklich etablieren kf6nnen dauert es noch etwas.Daher passt das links liberal schon sehr gut. Audferdem ist das Zeug eh ne Auslegungssache. Links kann man so verquert deuten das man fast bei rechts landet wenn man Lust hat