Kosstories

Toks ’n tjops-resep: Hoenderstukke in twee marinades

Bestanddele:

1 hoenderbraaipak

3 eetlepels heuning

skil en sap van 2 suurlemoene

2 eetlepels heelkorrel-mosterd

1 eetlepel gekapte roosmaryn

1 teelepel fyn knoffel

3 eetlepels soetrissie-sous

3 eetlepels sojasous

1 teelepel sesamolie

1 teelepel knoffel-en-gemmerpasta

hand vol vars koljander, gekap

Metode:

  • Vir die borsies en dytjies, meng die heuning, suurlemoenskil en -sap, die mosterd, roosmaryn en knoffel.
  • Bedek die hoenderstukke daarmee en laat marineer
  • Vir die vlerkies en boudjies, meng die soetrissie-sous, sojasous, sesamolie, knoffel-en-gemmerpasta en koljander.
  • Bedek die hoenderstukke en laat marineer.
  • Verf gereeld met die marinade terwyl dit gebraai word.
  • irona swanepoel

    hier is ook ‘n lekker potjie resep
    die kampioen van kampioene pot
    BILTONGPOT
    1 kg gekrefde biltong
    2 pakkies sampioene gekerf
    ½ k room
    1 groen soetrissie gekerf
    30 ml olie
    2 k cheddarkaas gerasper
    2 med uie gekerf
    500g skulpienoedels
    1pakkie pepersous of lemon & herb sous opgelos in 1 kop warm water
    1 geel- en rooi soetrissie, optionseel vir kleur , gekerf

    kook noedels tot sag. sorteer soetrissies, uie en sampioene in olie in die pot tot ui deurskynend is. voeg die biltong en noedels by en roer om te meng. voeg room en sous van jou keuse by en prut vir 15min. strooi gerasperde kaas bo-oor en smelt deur vir ongeveer 10 min. bedien met warm brood en botter of ‘n lekker bruin – uiesop brood. ‘n ryk maar lekker pot bedien 10 mense.

  • JAKES HOLTZHUIZEN

    VUILPAP :
    ———-
    SO MAAK MENS:

    1 POT KRUMMEL PAP
    BRAAI 2 UIE BLINK
    6 ROOI TAMATIES GESKIL EN SNY IN BLOKKIES, BRAAI MET UIE SAAM
    GEUR MET SOUT, PEPER, ROOIPEPER, SUIKER EN BEEF SOUTBLOKKIE
    KOOK SAAM TOT DIK SOUS
    MENG MET PAP EN GENOEG BOTTER
    BRAAI WORS EN SNY IN STUKKIES. VOEG BY PAP EN MENG GOED.

    BAIE LEKKER SAAM MET BRAAI VLEIS.