Non-Feature-New-Sweet-Pringles-Flavors
Kosstories

Ikoniese tjips nou soet vir Kersfees!

Hier in die SARIE-kantoor spits ons altyd die ore as iemand van eetgoed praat, veral as dit soet is met smake soos karamel, sjokolade, neute en soetkoekies … 

Wel, ons monde het behoorlik begin water toe ons lees dat die ikoniese droë skyfies Pringle ’n spesiale reeks soet skyfies vir Kersfees bekend stel.

Non-Feature-New-Sweet-Pringles-Flavors

 

Maar is dit nog ’n tjip, of is dit nou ’n koekie? Ons is self nie seker wat om dit te noem nie, maar dat dit kan lekker wees, is nie te betwyfel nie.

Daar is drie geure in die reeks:

• gesoute karamel
• pekanneut-tert
• soetkoekie

nintchdbpict000276470875

Die verpakking is net so mooi. Die etiket lyk soos ’n trui wat iemand spesiaal vir jou gebrei het.

Die slegte nuus? Die skyfies word eksklusief gemaak vir die Amerikaanse groothandelaar Walmart. Dis die tweede jaar dat dié twee reuse-handelsmerke hande vat om dié soet-en-sout bederf op die rakke te sit. Ons reken dis baie onregverdig!

Maar wie weet, dalk hoor Kersvader ons wens en sit ’n paar van die soet skyfies onder ons boom …

2015 se reeks soet tjips

2015 se reeks soet tjips

Lees nou

Is Trump ’n narsis? Lees hier

Tannie Poppie kook weer (met haar eie wyn ook) + haar gewildste pampoentert-resep!

Kan avokado’s vinniger ryp word in die oond?

Ons springmielie-resepte vir MasterChef + 5 geheime uit dié TV-kombuis