Kosstories

Lente 2008 – In jou glas deur Nicolette Waterford

In jou glas

deur Nicolette Waterford

Ek is al so lui gemaak deur die gerieflike skroefdoppe waarmee die meeste wyne deesdae spog dat ek sommer sug as ek ’n kurktrekker moet nader trek. Maar soos my ma altyd sê, daar is ’n tyd en ’n plek vir alles. En so het beide kurk en skroefdop hul unieke eienskappe en plek op die rak. Ek geniet steeds die geluid van ’n kurkprop wat uit ’n goeie bottel wyn getrek word, maar vir elkedag-drinkwyn verkies ek ’n skroefdop, dankie! Geniet die vars lentedae, en onthou die wyse woorde van die Romeinse filosoof Horatius: “Sonder goeie wyn is die lente net nie lente nie!”

Vonkel sonder skop

Een van my beste ontdekkings vanjaar is Koelenhof se druiwesap. Dis nes vonkelwyn verpak en is perfek as jy iets nie alkoholies verkies, maar steeds feestelik wil wees. Jy kan selfs die prop laat skiet! En die beste is die prys – ’n sakpas R15 per bottel, én jy kan kies tussen rooi of wit.

’n Prettige boek

Vir die wynliefhebber, nie noodwendig die kenner nie. dis by die gourmand World Cookbook Awards aangewys as die beste wyngids in Suid-Afrika. Jy leer ken die wyne én die persoonlikhede daaragter. ’n Gebruikersvriendelike gids wat wynkoop maklik maak. Crush! 100 South African wines to drink now deur Michael Olivier. Gwynne Conlyn en Jacana Media, R129

Slim kurktrekker

Dié corkpops kurktrekker het al ‘n rolletjie in die gewilde Tv-reekse desperate housewives and sisters gehad.   Hoe werk dit? die ingeboude vierlem-foeliesnyer sny die kapsule kurk word deur gas wat jy daarin spuit, verplaas. Dis omgewingsvriendelik en sal nie beïnvloed nie.   Prys? R399 met een gashervuller. hervul-kannetjies is apart te koopvan 2; een gaskannetjie maak sowat 50 bottels oop.
• waar? Kontak corkpops@liveandgive.co.za of skakel 083 265 3018.

Shirazsout

Sout gegeur met shiraz en kruie – perfek by vleisgeregte en braaivleis.
Tel. 022 448 1635

Mooi met wyn

Die Lanzerac Spa in Stellenbosch is deur druiwe geïnspireer om hul verskeidenheid VinAqua bederfsessies te ontwikkel. Probeer die pinotagegesigbehandeling, een van die druif-bederwe op dié pamperlangspyskaart. Geskenkbewyse is ook beskikbaar.
• Vir meer inligting, besoek www.lanzeracspa.co.za of skakel 021 883 9444.

Maak wyn vet?

’n Tipiese glas wyn bevat 85% water en sowat 460 kilojoules. Hoe hoër die alkohol-inhoud, hoe meer kilojoules bevat die wyn. Die alkohol-inhoud word gewoonlik op die rug-etiket aangedui in %-volume. Soeter wyne bevat sowat 10% meer kilojoules as droër wyn. Gefortifiseerde wyne, soos port en sjerrie, bevat ook meer kilojoules vanweë hul hoë suiker- en alkohol-inhoud. As jy die kilojoules wil dophou, gooi ys by jou wyn, of maak ’n spritzer deur sodawater by te gooi.

Het jy geweet?

As dit by wynkeuse kom, maak vroue meer as 70% van alle koopbesluite. En ons laat nie op ons wag om daardie bottel oop te maak nie – 98% van alle wynaankope word nog binne dieselfde week gedrink.

Leer meer oor  vodka

Wat is dit?

’n Kleurlose, gedistilleerde alkohol, gemaak van graansoorte soos sorghum, koring en rog. Vodka kan ook van aartappels, melasse, sojabone en druiwe gemaak word. Dit het geen kenmerkende smaak of reuk nie.

Waar kom dit vandaan?

Vodka het glo in die graanproduserende dele van Pole, Skandinawië, Litaue, Oekraïne en Rusland ontstaan. ’n Drankie baie soos die moderne vodka is tussen 950 en 1100 nC in Rusland gedrink.

En die naam?

 “Vodka” is afkomstig van die Russiese woord “Boдka”, wat as “vodka” uitgespreek word. Dié woord is ’n afleiding van die Russiese woord vir water, naamlik “Boдa”, wat as “voda” uitgespreek word.

Waarvoor word dit gebruik?

Vodka word ook vir ’n verskeidenheid medisinale doeleindes gebruik. In oorloë is dit as ’n antiseptiese middel en selfs as pynstiller ingespan. Dit hou glo ook hoë koors onder bedwang as die pasiënt se lyf daarmee ingesmeer word. En natuurlik hou vodka in koue lande die drinker warm!

Vodka en water

Vawter is ’n verfrissende nuwe vonkelwater-drankie en die enigste van sy soort in SA. Suiwer fonteinwater uit die Franschhoekberge word vermeng met vodka en ’n skeutjie lemmetjie. Dit kom in elegante 300 ml-bottels en die alkoholinhoud is 5,5%, laer as dié van die meeste soortgelyke mengeldrankies. Die naam, Vawter, weerspieël die sinergie van vodka en water in ’n produk wat uitstekend pas by ons moderne leefstyl.