Kosstories

Lente 2008 – Nicolette se wynkeuse

Signatures of Doolhof Chardonnay 2008

Lekker vir pieknieks Doolhof by Wellington spog met ’n voorslag vrouewynmaker – Therese de Beer. Dié ongehoute chardonnay is ’n heerlike droë wyn saam met al fresco-etes. Prys sowat R32

Saxenburg Private Collection Sauvignon Blanc 2007

Drink dit ouer Saxenburg, net buite Stellenbosch, het onlangs hul 2007
sauvignon blanc bekendgestel. Hul witwyne word in ’n ernstige styl gemaak,
daarom kan dit ouer gedrink word. Prys sowat R65

Du Toitskloof Sauvignon Blanc 2008

Waarde vir geld Ek onthou hoe ons as studente Du Toitskloof in die pragtige
Breederivier-vallei toe gery het en ons kattebakke volgelaai het met dié
sauvignon blanc! Geniet saam met salm, oesters of hoender, of sommer op
sy eie. Prys sowat R26

Avondale Camissa Syrah 2004

Met rooivleisgeregte Camissa beteken “plek van soet waters”, die naam vir
Tafelberg in die taal van die Kuena, boorlinge van die Kaap vóór Van Riebeeck
se koms. Avondale lê neffens die Klein Drakenstein. Nét die ding vir spesiale
gaste. Prys sowat R102

Champagne Tribaut Brut Rosé

Vir spesiale geleenthede Ek is gek na dié vrugtige, elegante pinot noir/pinot
meunier-versnit-sjampanje. Ek hou veral van die prys: teen R210 per bottel is
dit een van die goedkoopste Franse sjampanjes! Dit word hoofsaaklik via die
internet verkoop. Besoek www.colmant.co.za