Kosstories

Skroefdop of kurk?

Reg of verkeerd?

deur Nicolette Waterford

Skroefdop of kurk?
Gaan die romanse nie verlore met ’n skroefdop nie?

Philip Constandius eertydse wynmaker van Lourensford, nou met sy eie etiket, SOLO
Kraak of klap? Die skroefproppie gaan my sauvignon blanc die langste gesond en geurig hou. Vir my groot rooie verkies ek egter ’n meneer van ’n kurk om die wyn te verouder.

Cathy Marston eienaar van The Nose Winebar in Groenpunt, Kaapstad

Ek kies elke keer skroefdoppe! Nie net het jy nie ’n kurktrekker nodig nie, maar jy is verseker van ’n perfekte, onbesmette produk. Ek dink dis nonsens dat mense sê kurke is romanties.

Tinus Els wynmaker van L’Avenir
Ek verkies ’n skroefdop, want dis maklik om oop te maak en te bedien, dit beskerm die wyn teen oksidasie, die wyn smaak varser en lewendiger en jy hoef nie jou bottels neer te lê om hulle te verouder nie. Die goeie wyn in my glas is die romanse, nie die pop-geluid van die kurk nie.