cover
Kosstories

In jou nuutste SARIE KOS – Winter-uitgawe

Ons kuier in hierdie uitgawe in Upington, waar dit so lekker is om te sien dat streekkos nog gewild is. Kom geniet ook ons rugbyhelde se gunsteling-geregte – ons wys Pierre se brownies, Schalk se Eisbein en Victor se hoenderpastei.

Bederf jouself op koue dae met warmsjokolade en die rykste sjokoladekoekies, om nie eens te praat van ‘n ryspoeding met warm karamelsous nie …

Ek was bly om te sien hoeveel mans vir ons tamatiesmoor-wedstryd ingeskryf het! Kyk wie die wenner is. Dis ‘n besonderse resep met roosmaryn en heuning. Om hierby aan te sluit het ek een van SA se mees geliefde geregte gemaak – paptert.

Wintertyd is mos kombuistyd. Dis wanneer ek ‘n suikertand ontwikkel en lus kry vir warm gebakte poedings, soos rolpoeding en fluweelpoeding. Die ander lekkerte is koejawels, wat immers bekend is as die wintervrug.

Kook, bak en kuier heerlik hierdie winter saam met SARIE KOS!

Groete,

Barbara

Varkroerbraai geskik vir diabete Koewels gebak in port Gestoofde spesery-beesstert
Jy mág dit geniet
Moenie dat diabetes jou weerhou van lekker eet nie. Ervare dieetkundige en skrywer Hilda
Lategan wys hoe
Wintervrug-warmte
Koejawels is wonderlik in stomende nageregte en troostende gebak
Kos wat liefde wys
Diaan Lawrenson en Ulla Pakendorf-Loubser (Ontbytsake op kykNET) deel ‘n passie: kos.
Ulla op TV en Diaan as mede-
eienaar van ‘n Overbergse restaurant. Ons wys hul gunstelinge
Schalk Burger se gunsteling eisbein Pilchard-koekies en soetpatat-mash Botterskorsiesop
‘n Bok vir lekker kos
Barbara het by ons Bokke gaan loer wat hulle van die veld af
geniet
Sakpas-kos
Goedkoop, vinnige gesinsetes elke dag – onder R100
6-uur tuis, eet halfsewe
10 werksdag-etes maak jou lewe maklik
Pekeltong met appelkoos-sous Afrika-beeslvleis-kerrie Glutenvrye mieliemeel-suurlemoenkoek
Geure van die Oranje
In Upington se wêreld, daar aan die
oewer van die Oranjerivier, weet die
mense hoe skaapvleis moet smaak.
Skaapstert, skilpadjies, skaap op
die spit – en wyn daarby …

‘n Wêreld se kerries
Wintertyd bly maar kerrietyd – hoe
lyk dit met ‘n pot vol? Barbara kook
uit Afrika, Madagaskar, Indië en
Thailand

Met pap, ja
Om jou dag reg te begin – ‘n lekker
bord pap. Maar dit het meer om die
lyf … soos hierdie glutenvrye
mieliemeel-suurlemoenkoek

Warm sjokolade en sjokolade koekies Heuningkoek-poeding Pofrys-horinkies en worsrolletjies
Warm van binne
Daar’s smake wat jou keer op keer gekoester laat voel – warmsjokolade en sjokolade-
koekies
Poedingtyd!
Gebakte nagereg is altyd ‘n lekker kouedag-troos
Bak & brou
Span die kinders in om self hul gunsteling-eetgoed te maak
  • Dollie

    Ek het die vorige Sarie Kos gekoop en het ‘n koek daar uit gebak wat vreeslik lekker was. Ek sal beslis weer die kos uitgawe koop ek het maar ‘n swak plek vir lekker kos en natuurlik resepte.

  • Elsabé Olivier

    Dit lyk na ‘n besliste jou-moet-ek-kry kopie! Mmmmmm….

  • Una

    Brownies is my swak!

  • Carlo Booyzen

    Ek lees die Sarie hier in Singapore terwyl die hele SA nog slaap. Dit is nou by ons 6uur die oggend en in SA 12uur middernag, ons almal hier is al aan die beweeg. Vang ‘n bus of trein werk toe of sommer net om te gaan shop.
    Ek geniet die resepte en Natalie se segoed en dan volg ek die vordering van Mathys Roets graag.
    Ek het groot geword op Upington en dit was heerlik om te lees wat daar alles aangaan.
    Groete uit Singapore

  • Candice Rodrigues

    Yummy Brownies!!!!

  • Georgia Yiallitsis

    Dit is ‘n wonderlike resepteboek, dit word so mooi uiteengesit en julle resepte werk. Ek geniet dit om nuwe resepte uit te toets en hulle werk almal.
    Baie dankie vir so ‘n mooi boek, kan nooit wag om die volgende ene op die rakke te sien nie.

  • Al

    Jammer om te moet noem – Sarie kos se resepte werk NIE – het al telkemale resepte probeer en daar is gewoonlik iets fout met die resep. BAIE frustrerend!!!!!!!!

  • Barbara Joubert van SARIE

    Beste Al
    Ek sal graag meer detail wou hê waarom die resepte nie vir jou werk nie. Dit is werklik die eerste keer dat iemand ‘n probleem met al die resepte het. Jy is welkom om my te kontak op sariekos@sarie.com. Groete

  • Christa du Plessis

    Hoe kan ek asb ‘n eksemplaar vir Sarie Kos Winteruitgawe in die hande kry? My vriendin is dol oor julle resepte en sy het die uitgawe gemis. Ek wil haar graag verras en die uitgawe vir haar kry.

  • Karin

    Ek is gek oor Sarie Kos, het al baie resepte daaruit gemaak met groot plesier – maar een vreugde ontwyk my – die Warm Looppoeding in Nr 1, p. 55. Het iemand dit al suksesvol gemaak, is daar ‘n geheim – help asb!!

  • Karen Klopper

    Sarie Kos Winter uitgawe, bls 10 verwys na Annette se potbrood gratis resep. Al soekende kon ek nie op hierdie resep afkom nie. Help asseblief

  • Maggi Withaar

    In die Winteruitgawe van Sarie Kos was daar ‘n resep vir ‘n Dadel-pekanneut-torte. Ek het die resep uitgeknip maar het een deel daarvan verloor. Ek het probeer om die resep op julle webwerf te kry maar die soek sê dit is onbekend. Ek wou ‘n ander uitgawe koop om die resep in die hande te kry maar kan nie een kry nie.
    Sou dit dalk moontlik wees dat julle die resep vir my per e-pos stuur.
    Dankie

  • Jess

    Help asseblief !!! Waar in Pretoria kan ek Tamarinde pasta( tamarinde skenkel resep)koop.
    Geen supermark in Centurion hou dit aan nie.

  • Maryke van SARIE

    Hi Jess
    Barbara is besig om uit te vind waar jy tamarinde-pasta in Centurion kan koop. Ons hou jou op hoogte.

  • Maryke van SARIE

    Hi Jess. Daar is ‘n speserywinkel in die Doringkloofsentrum in Centurion. Jy sal tamarinde-pasta daar kry.

  • Benita Lombard

    Weereens is ek eufories oor hierdie tydskrif! Ai, Barbara, jy het geen idee watse oer-oue lekkerkry Sarie Kos vir my is nie! En daar kry ek jou wrintie ‘n Apfel Strudelresep in die nuutste uitgawe! Ek het dit nog nooit gemaak nie en ek weet sy deeg is "tricky" – maar ek sal laat weet as ek probeer het. Tant Helie se melktert is ‘n absolute wenner – hel, maar die kors is harde werk! Maar soos ek vir my verloofde sê, alles wat die moeite werd is, vat tyd. Baie baie dankie vir ‘n ongelooflike lekkerkry kook- en bak-ervaring!

  • Tokkie Fourie

    Middag,
    Help asb ek soek dringend na resepte vir klein koekies vir n persoon wat n diabeet is!!! Kan regtig nerens iets ordentlik kry nie net baie ingewikkelde resepte met bestandele wat n mens nerens kan kry nie! Die persoon gaan met verlof en ek moet vir haar bak. Baie dankie

  • fmjxhz

    ECeaGK lnchtqyprean, [url=http://obhwgzlotjhs.com/]obhwgzlotjhs[/url], [link=http://gkdgohemodcl.com/]gkdgohemodcl[/link], http://rgjuhrdqcdas.com/

  • HELEN VAN SCHALKWYK

    Sarie-kos is wonderlik. Ek het al vele resepte daaruit gemaak. Ek en my man behoort aan ‘n "Dinner Club" ons is 4 pare wat een aand per maand by iemand se huis bemekaar kom vir ‘n heerlike ete, ek doen elke keer my spyskaar uit Sariekos uit en kry net komplimente. Baie dankie Sariekos. Ek het net een probleem, ek het die eerste uitgawe gemis en wil weet of daar ‘n manier is om dit in die hande te kry. Kan iemand my laat weet asb.

  • Marili

    Ek koop elke uitgawe van Sarie kos en is mal oor alles wat ek sien. My enigste probleem is dat ek die eerste 3 uitgawes gemis het so my versameling is nie 100% nie. Kan enigiemand vir my help om hierdie boeke aan te skaf. Ek sal dit oorkoop as jy dit nie meer wil gebruik nie.

  • Cyelii

    Haha, shudoln’t you be charging for that kind of knowledge?!