Kosstories

Jou nuwe SARIE KOS Junie/Julie 2011 nóú op die rak

[box:full:grey:both]

Kap ’n braai, sê Errieda du Toit se storie (bl. 18) oor van ons bekende manne wat graag ‘n vleisie op die kole gooi en maklik liries raak oor dié stukkie Suid-Afrikaanse erfenis.

Luister maar na ‘n braaier wanneer hy praat. Mooi kole maak hom skoon bewoë; hy hou vol braai is sy geboortereg en hy besing gereeld die lof van ‘n ou vuurtjie. Als waar! sê ek, wat ook al ‘n paar braaie in my lewe gekap het. Een onthou ek spesifiek. (En as ek hierdie storie al vertel het, hier’s hy wéér.) So beland ek jare gelede in Loxton se wêreld. Bibberkoud, droog, karoo-mooi. Van vroegmiddag kom motors in lang stofstrepe na die plaas toe aangery, want partytjie gaan daar gehou word. Die nuwe klip-kuierplek moet ingewy word en dít vra ‘n tjoppie of twee op die vuur saam met goeie vriende.

Toe die son so agter die koppies sak, toe staan die blikskottels reg vir die braaivleisvure: lamstjops, lewer in netvet, ribbetjies, koedoesteaks, potbrode, tuisgemaakte wors, roosterkoek. Eenkant in rye: bykosse, slaaie en poedings, en soet konfyte vir daardie brood wat vuurwarm van die kole kom.

Ek onthou goed die grys rook teen die donkerte van daardie windstil nag en die reuk van karoobossies. En ja, die kitare en die gesing en die joligheid! Tot dagbreek toe, want só ‘n opskop kom in dié wêreld nie gou weer nie. Net so voor sonsopkoms het ook die bittereinders begin afskeid neem. Ek sien nog die laaste kringetjie vriende om die uithou-vuurtjie, maar traag om te loop, want die ding is: Hier by ons is ‘n braaivleisvuur meer as net ‘n vuur. Dis ‘n bymekaarkomvuur – ’n plek en ‘n geleentheid wat mense aan die praat én aan die musiekmaak kry. Vandaar al die emosie. So, ‘n ou vuurtjie se lof kán ons maar besing!

Geniet hierdie uitgawe, spesiaal vir die manne. Dis ook ‘n soort bymekaarkom vir almal wat kos en ’n gekuier geniet.

Groete,

Michélle van Breda
SARIE – redakteur

[/box]

Beste burger

Herman se beste burger + 5 souse

Burgers is manne-kos, hartskos! Hier is dit nou: Jou kans om die perfekte burger te maak, van jou eie bun tot 5 uithaler-souse en alles tussenin..

 Vuurwarm hoender op die kole

Vat vlam, kap ‘n braai

Om ‘n vleisie te braai is ‘n oerding wat in die manne-gene is. Of jy ‘n rapper of radioloog is, minnesanger of mynwerker is, waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n diep gelukkige man…

 Jou nommer 1-sjokoladepoeding

Cowboys mag maar kroek

Vat sommer kortpad met poedings. Ek wys jou hoe om soetgoed baas te raak – dis maklik…

 Lamsboud-pasta

Pasta Pronto

Ons het almal gereeld pasta op die tafel. Imponeer jou vriende met dié maklike geregte – van winkelpasta tot tuisgemaakte…

 Sesam-hoenderslaai

Eet gesond vir jou hart

Hy is ‘n tipiese Afrikanerman wat elke naweek groot stukke rooivleis gebraai en sy neus vir slaai opgetrek het. Totdat hy een Saterdagoggend ‘n hartaanval gekry het. Op 41. Jaco Kirsten vertel…

Olyf-en-uietert 

Kook soos ‘n sjef

Die pad na ‘n man se hart loop hoeka deur sy maag. Maar ‘n vrou s’n? Die fyner geslag is mos ingewikkeld… Nou hoe beïndruk jy haar? Maklik, sê sjef Laurent Deslandes

 Eenvoudige Thai-viskoekies

6-uur tuis, eet half-7

Lus vir lekker maklike kos wat jy sommer vinnig maak? Hier’s 15 etes, wat die alleenloper binne 30 minute aanmekaar kan slaan

 Tamatiebredie

SA se beste tamatiebredie

Freddie Heyns van Kaapstad se bredie met die lekker vinkelgeur is ons wenner en sy suster, Estelle, s’n is wraggies tweede! Maar dit kom ons toe eers met die bel agte

 Sondagmiddag-lamsboud

Tyd vir lamsvleis

Ek het met lamsvleis groot geword: bredies in die winter en leke SOndag ‘n gebraaide bou op die tafel. Wat is ‘n familie-ete daarsonder?

 Eenbakgereg met varkworsies

‘n Boer maak ‘n pan

Wie wil nou staan en kos maak as daar rugby is om te kyk? Spaar tyd met dié worsgeregte wat jy alles in een bak of pan maak

 Mossels met roomsous en gremolata

Sjef van veld en see

Duinespinasie, veldkool, soutslaai, bokkoms… Jong sjef en kos-ontdekkingsreisiger Kobus van der Merwe vertel die veld en Weskuswaters is vir hom stapelvoedsel

 Darren Scott

Tata, ma tjips – Darren Scott vertel van sy gewigsverlies

Die bekende Darren Scott het binne 8 maande 40 kg afgeskud, en in ‘n inspirerende nuwe boek vertel hy hoe jy dieselfde kan regkry – en net so lekker kan weglê.

 

Resepte op jou foon

Kry unieke grafiese ikone wat jou direk na die resep op jou slimfoon sal lei. En die ikoon op bl. 20 lei jou na ‘n lekker musiekvideo

Die volgende uitgawe van SARIE KOS is 3 Augustus op die winkelrak.

WEDSTRYD

[box:full:grey:both]

Souskluitjies

Ons soek SA se lekkerste souskluitjies
Kry jou wenresep komplimente? Deel dit met ons en wen kookware van Le Creuset.

Kry inligting op bl. 68 van die nuwe  SARIE KOS Junie/Julie 2011

[/box]

  • Maggie Tyler

    Hoe en waar vind ek die 2 naaswenners se resepte vir die tamatiebredie kompetisie?

  • Barry

    Ek kry ook nie die 2 ander tamatiebredie resepte nie. Het al e-pos gestuur en niemand doen die moeite om my eers te antwoord nie

  • Christo Potgieter

    Ek sal ook graag wil weet waar die naaswenner resepte is. Lees lekker aan die mans Sarie-kos en gaan die bredie maak vir een van hierdie binne bly koue dae.

  • Nicolette Van Helvert

    Graag wil ek ook uitvind waar om die naaswenners se resepte vir die tamatiebredie op te spoor?

  • Zelmari

    Ons almal soek die respte, seblief! Die wenner het vir my net te veep bestandele in.

  • Rynette van Vuuren

    Ek het ook nou al verskeie versoeke na SARIE TYDSKRIF op facebook ook gestuur en is antwoord dat almal is baie besig met die Voorblad gesigte kompetiese en besig met kos shoots vir die volgende SARIE.
    Ek sal baie graag die naaswenners se resepte van die Bobotie ook graag wil he, ek print dit uit en sit in die SARIE KOS van die betrokke uitgawe. Sal ook baie graag die naaswenners se Tamatiebrede resepte wil he om in die laaste uitgawe te bere.
    Baie dankie
    Rynette van Vuuren
    Sal julle ons kan laat weet as dit verskyn op julle webpage? Ek sien daar is al 4 vorige lesers wat dit ook soek.
    Voorheen was daar regs ‘n plek waar ek kon ingaan op die wenresepte, maar sien dit nie meer.

  • Boetie

    Ek het ‘n heerlike sous-kluitjie resep ingestuur voor die afsnydatum. Ek merk dat die email nog nie oopgemaak is nie. Ek is bekommerd omrede dit moontlik die beste een kan wees.

  • Lynnette

    Die wenresep van Tamatiebredie lyk heerlik, maar dit is nie ‘n regte tradisionele tamatiebredie resep nie – daar is te veel bestanddele in. Is die 2de en 3de plekke se resepte moontlik iewers beskikbaar?

  • marthie pieters

    ek is mal oor my sarie kos,maar het die junie-julie uitgawe gemis en sal graag een wil bekom

  • Annerie Kotze

    In die week was daar ‘n room-ys resep soos op TV gedemonstreer. Gemaak op ‘n pot warem water, met eiers en koejawel moos. Waar kan ek die resep bekom ?

  • Verle

    No more s***. All posts of this qualtiy from now on