Kosstories

In jou SARIE KOS herfs-uitgawe

Gevind in Gauteng – Beste melktert in SA. Ja, die wenner van die melktert-wedstryd is pas aangewys. Hou ook sarie.com dop vir ‘n agter-die-skems-kykie na dié kompetisie.

SARIE KOS bied jou herfsbederf soos nog nooit – pampoenvetkoeke, 8 dekadente en maklike sjokoladekoeke en die heerlikste gesinspasteie.Kom eet saam eg Italiaans in Pretoria en hou die beursie dop met al die etes onder R100. Jy’s 6-uur tuis en eet 6:30 met Barbara se halfuur-etes, en daar’s piesangbrood vir energie.

SARIE KOS vanaf 1 April te koop.