sarie_kos_somer_09_
Kosstories

In jou SARIE KOS Somer 2009-uitgawe

Barbara gesels oor die beste tyd van die jaar

“Nou’s mos die tyd vir onthaal en lékker kook – veral vir Kersfees en Nuwejaar.
Maak vir hierdie warm swembad-dae jou eie roomys – glo my, dis makliker as wat jy dink.

Ek en Herman Lensing, SARIE se nuwe kosredakteur, het ook baie pret gehad met die menigte inskrywings vir ons trifle-wedstryd. Die wen-trifle op bl. 58 sal sekerlik vanjaar op etlike Kerstafels pryk!

“Dis nou ook die tyd vir onverwagte gaste. Op bl. 82 wys ek die vinnigste feeshappies met deli-eetgoed. Of wat van ‘n yskastert? Dié treffer het lanklaas so lekker gelyk – en gesmaak – soos dié vanaf bl. 46. In die kol veral vir die sjokoliste onder ons.

“Kook heerlik, en geniet die smaaklikhede van ‘n ware feestyd.”

- Barbara (kosredakteur van SARIE KOS)

Sjokolade-bederf uit die yskas
Yskastert is terug! Hier’s nuwe
idees vir ‘n koel nagereg of ‘n
dekadente teetyd – als met
sjokolade.

Drielaag-sjokolade-nagereg
(foto links)

Klapperys Raak soet!
Nougat, klapperys, sjokolade-
truffels … maak ‘n slag lekkers
vir die gesin of as geskenk.

Klapperys (foto links)
 

Spinasie-gevulde varklies So veelsydig
Heerlike, sappige varklies kan
vir als van ‘n Kersonthaal tot
ligte middagetes voorgesit word.

Spinasie-gevulde varklies
(foto links)

Appel-en-fetakaas-slaai met kruisement

Koel kruisement
Gebruik dié krui in als van sop
tot brood … en geniet die groen
geur.

Appel-en-fetakaas-slaai met
kruisement
(foto links)

Die wen-trifle Wen-trifle vir Kersfees
‘n Besonderse bederf met
oondgeroosterde perskes –
hier’s Myrna Klerck van
Muckleneuk, Pretoria, wenner
van ons wedstryd, se resep.
Griekse ratatouille

Vegetariese vakansie
Geregte sonder vleis is alles-
behalwe vervelig. Dis heerlike,
gesonde kuierkos.

Griekse ratatouille (foto links)

Koue beetsop Beet, beter, beste
Verby is die dae van net
gepekelde beet eet.
Daar’s soveel meer wat jy met
hierdie gesondrooie
heilsaamheid kan doen.

Koue beetsop (foto links)

Baba-aartappels met hoender-repies

6-uur tuis, eet half-7
3 weke se smaaklike etes vir
wanneer die huiskok se doen-
lysie oorlaai raak.

Baba-aartappels met hoender-repies
(foto links)

Kersfees-glaskoekies Bak & brou
Koekies vir die Kersboom
en kaaspoffertjies as geskenk.

Kersfees-glaskoekies (foto links)

Vanielje-semifreddo-blokkies met vars vye Kortpad-roomys soos jý dit maak
Dié koue lekkertes – almal Italiaanse
semifreddo – is baie eenvoudig om
te maak, sónder ‘n roomysmasjien.

Vanielje-semifreddo-blokkies met
vars vye
(foto links)

  • http://www.Sarie.com Cathy Jacobs

    Lyk en klink na ‘n hemelse Somerfees!

  • Marié Pitzer

    Het gister my tydskrif gekoop. Wat ‘n fees. Dankie vir al die heerlike resepte vir Kerstyd.
    Marié

  • Hettie hanrkom

    Die vars vye by die roomys is iets nuut.Die sjokolade 3 laag….uuuuhhhhmmmmmmm!Sarie kos…altyd ‘n wenner op die tafel, onder die kersboom oral.

  • Sheryl Lange

    Geseende Kersfees aan almal by Sariekos dit is ‘n fantastiese tydskrif ek het nog nie een uitgawe gemis nie en beplan ook nie om een te mis nie.

    Groete Sheryl Lange

  • monica

    hi there

    I bought the sarie kos book i love it ! ,you should bring back the English section like in i think it was the begging of the years mag where you had the last few pages was translated in English .I’m looking for the runners up of the trifle recipes .

    thank you

    monica

  • Yvonne de Lange

    Ek wil so graag die groente maak wat in jul artikel Kos met Hart – Kos met ‘n doel (Sarie Kos Somer 2009) by die Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel bedien word. Ek het op jul webtuiste gesok, maar kon dit nie vind nie. Kan julle dalk help?
    Groete,
    Yvonne de Lange
    yvonnedl@absamail.co.za

  • Maryke van SARIE

    Hi Yvonne. Die bykos-geregte sal jy by hierdie webadres vind: http://www.sarie.com/lees/artikels/roosmaryn-aartappel-koekies

  • http://jbldgrehxgij.com/ jmukirzwnc

    HRy5Mh eacxdsoekubk, [url=http://ncuflowvnubx.com/]ncuflowvnubx[/url], [link=http://qvmparabfbry.com/]qvmparabfbry[/link], http://irbxcdjbhvah.com/

  • Lezette

    Hi ek wil graag weet hoe maak mens spinsuiker, kan jul my laat weet?

  • Debbie

    Sarie Kos Somer 2009 advertises that the ENG recipes can be found on their web site – yet to date they’re still not posted. Come on, this is so frustrating….. Please just print the Eng versions at the back of the Afr mag and save your devoted Eng fans a lot of hassle. It was user friendly and convenient to flip to the end section of the mag. Hear our pleas – Please.

  • Maryke van SARIE

    Hi Debbie. You’ll find all the English recipes of all the SARIE KOS issues, except for the current issue, on sarie.com. Click on English recipes in the SARIE KOS section under KOS & WYN on the top navigation bar. The translated recipes of the current issue are only loaded about 6 weeks after the issue goes on sale.

  • Liezel

    Ek het gister die koue beetsop (bl.117) uit Sarie Kos somer 2009 gemaak. Ek was teleurgesteld, dit het gesmaak na enige ander groentesop. Ek voel dat dit waarskynlik beter sal werk as mens die resep gebruik van Sarie Feb 2006. Die beet moet vooraf gaargemaak word, as dit saam met die groente aftreksel gekook word gaan die beet se smaak verlore.

  • Sjani

    Die resepte is fantasties, ons kuier tans in die Kaap en ek het my boek by die huis vergeet, en wil sommer huil, maar gelukkig kan ek hier en daar goed onthou.

  • Ann Wolmarans

    Ek het die naweek die Sarie Kos tydskrif vir die Somer in die winkel gesien en besef dat ek uitgemis het op die vorige 3 uitgawes vir 2009 aangesien ek in die buiteland gewerk het.
    Hoe kan ek die vorige 3 uitgawes in die hande kry, is dit enigsins moontlik vir julle om dit vir my te pos en ek betaal dan kba of stuur my kredietkaartinligting vir julle vir die betaling?

    Ek hoop regtig julle kan my help.

  • Adrie-marie Muller

    Dit is die beste inspirasie wat ek in 2009 gekry het hoop dit gee nog en meer vir 2010.

  • http://wxvgikojkykt.com/ ocjobjz

    ukx2sO cgbcuqyashaz, [url=http://zjwosnpaicap.com/]zjwosnpaicap[/url], [link=http://txckvzeyvbyv.com/]txckvzeyvbyv[/link], http://gauqhuldesrb.com/

  • Wilna

    Hallo

    Ek kry nie die Sarie-Kos tydskrif in die hande nie. Kan iemand my a.s.b. help met die resep van die Kersfees-glaskoekies. Ek soek dit so spoedig moontlik.

    Baie dankie byvoorbaat.

    Groete

  • Marie Rheeder

    dieetkos vir die wat so lekker smul aan rooi se heerlike vertoon kos n fees vir oe verruklik op die tong is dit soos seks vir die siel ons liefdes verhouding met kos. En Sarie is die goed versogde vrou wat dit op n skinkbord aanbied . "Let it roll mamma" Hou so aan dit soos n goeie huwelik ons hou mekaar gelukkig. Dieet…….met Sarie sek kos rebrukie nee nee ek het nog al my varkies op hok weet nie hoe lank hulle veilig gaan wees nie, te lief vir kos

  • http://uijcufeigsvv.com/ rzrsui

    pL8hNa xkkgrzszcyix, [url=http://jwfnfgfksqqw.com/]jwfnfgfksqqw[/url], [link=http://dwwgcnlohdqf.com/]dwwgcnlohdqf[/link], http://gbrslxqanllu.com/

  • Helena

    Waar kan ek ASB ‘n kopie van Sarie Somer 2009-uitgawe kry. Dit het heerlike koue etes wat geskik is vir warm somer dae in. Asb as iemand kan help, sal ek dit baie waardeer.
    Groete
    Helena

  • Jessica

    Wat’n leuke idee! Dat is beter dan de Duitse K.T. zu Guttenberg! Darom werk ik vanuit Keulen aan min Proefschrift ter TU Eindhoven! Dat is de plek waar inotvanie beginne ;0)Mijn 1. Promoter schreef al rond 10 jaar geleden binnen zijn Report EUT/BKD/95 ISBN 90-386-1617-1: pagina 42, spiegel 2,: pleeg nuit plagiaat ! Hij is zo wijselijk !!!hartelijke groeten

  • Vaasugi

    De twee proeven van Francis Galton en Labyrint TV zijn niet echt veaajliekbrgr, alhowel ze beiden uitgaan van het wisdom of the crowd-effect zijn de uiteindelijke crowds natuurlijk niet veaajliekbrgr. De crowd die in 1906 een veemarkt bezocht zal letterlijk dichter bij de koe hebben gestaan dan de online deelnemers van Labyrint TV. De vraag is of het hier gaat om de wet van de grote aantallen, die er klaarblijkelijk vanuitgaat dat de high influence points tegen elkaar worden weggestreept of dat de er een gaussiaanse verdeling is, waarbij het merendeel van de schattingen al rond de werkelijke waarde liggen. Goed stuk trouwens