chocrolletjies
Kosstories

VIDEO: Maak sjokolade-rolletjies só

Hier is vir jou ’n maklike sjokoladebrood-resep om jou liefde vir sjokolade sommer behoorlik te vier. Bak net genoeg, want almal gaan ’n stukkie wil hê!

Sjokoladebrood met 3 bestanddele

Ek gebruik sjokoladesmeer (Nutella) vir die brood, maar jy kan ook grondboontjiebotter gebruik.

genoeg vir 6

• 500 g winkeldeeg
• 300 ml sjokoladesmeer (Nutella)
• 100 g sjokoladesplinters
• kakao vir oorsif, opsioneel

Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg op meelbestrooide werkvlak tot sowat 5 mm dik uit. Smeer sjokolade oor deeg met agterkant van eetlepel. Sprinkel sjokoladesplinters oor deeg en rol stewig op in ’n lang wors. Sny in 6 porsies met ’n skerp mes.

Spuit 6 holtes van ekstragroot kolwyntjiepan met kleefwerende kossproei. Pak deegporsies regop met gesnyde kant na bo in panne. Laat rys op warm plek vir 15 minute.

Bak 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Sif kakao oor en sit louwarm voor met goeie koffie (of warmsjokolade!).

Barbara se maklikste sjokoladekoek

As jy ’n vinnige en maklike resep soek vir ’n sjokoladekoek is die resep net vir jou. Dis heerlik klam en ek verseker jou jy sal nooit weer ’n ander koek bak nie.

Kry die resep HIER

sk0409sjokkoek055