Kosstories

James Bond se drankie

Dié kleurlose, natuurlike spiritusdrankie is die eerste keer in die 1600’s in Nederland gemaak om maagpyn te behandel. Vir geur kan kruie en speserye bygevoeg word, soos jenewerbessie, anys, koljander, suurlemoen- en lemoenskil, kaneel, karwysaad en drop.

Skink ’n soet martini
Die heel bekendste jenewerdrankie is sekerlik ’n martini. Hoewel die droë martini die gesofistikeerde keuse is, is die soeter weergawe makliker op die tong.

Jy het nodig

  • ysblokkies 
  • 1 deel jenewer
  • 2 dele soet vermoet 
  • 1 kersie

Plaas ’n paar ysblokkies in ’n mengelglas, voeg die jenewer en soet vermoet by, skud of roer goed, en skink in ’n martiniglas. Versier met die kersie. Die droë martini word natuurlik met ’n olyf pleks van ’n kersie bedien, en bevat droë vermoet in plaas van die soet weergawe. Nes James Bond dit verkies!