keith_floyd_kis
Kosstories

Keith Floyd se piesangblaarkis

Organies, dus, en verteenwoordig alles waarin Keith geglo het. Hy was bekend vir sy flambojansie en charisma en jy sou altyd ’n blaar of twee in sy resepte vind. Volgens sy lewensmaat, Celia Martin, het sy die kis gekies omdat dit nie somber en hartseer lyk nie.

“Hy was ’n man met ’n liefde vir die lewe en ek kan hom nie sien in ’n sober donker kis nie, dit was glad nie sy persoonlikheid nie,” sê Celia. Die kis is gemaak en ontwerp deur Craig Cooper van Daisy Coffins – 100% natuurlik en eko-vriendelik.

Mirror.co.uk berig sy dogter, Poppy (25), het haar pa met dié woorde gegroet: “Dad, old bean, you would have definitely preferred to be a rock star called Elvis rather than a chef called Keith Floyd.” Floyd se begrafnis was gister (30 September).

Besoek ook Floyd Online

Het jy geweet…?

  • Sy kis is uit die kerk gedra op maat van “Waltz in Black” deur die Stranglers.Dit was ook die temalied van Keith se kook-program.
  • Floyd se eerste boek, Floyd’s Food is bekendgestel in 1981. Hy het sedertdien al meer as 30 kookboeke geskryf.
  • Keith was 4 keer getroud en het twee kinders, Patrick and Poppy.
  • Sy eerste kookprogram, Floyd on Fish, het sy debuut in 1984 gemaak.
  • Keith se autobiografie, Stirred Not Shaken, verskyn volgende maand.

Die video van “Waltz in Black”: