Kosstories

Kersfees by die see: Dekor- en resep-idees

“Geskenke van tyd en liefde is die basiese bastanddele van ‘n waarlik geseënde Kersfees.” – Pag Bracken, Amerikaanse skrywer

Só lyk jou see-Kersfees-spyskaart

Forel-terrien met brood

………………………………

Aartappel-en-peperwortelslaai-en-beetslaai

Kreef-oor-die-kole met knoffel-en-kruiebotter

Beesfilet-oor-die-kole met sampioensous

……………………………..

Witsjokolade-yskastert

Karamel-haselneut-semifreddo

Optelkrans
Maak ‘n mooi voordeurkrans van dryfhout, skulpe en porseleinstukke.
Pak dryfhout oormekaar om ruweg ‘n sirkel te vorm.
Gebruik ‘n gomgeweer en draad om die raamwerk stewig te maak.
Gom nog dryfhout en skulpe daarop vas.
Rond af met ‘n trossie skulpe en ‘n blink Kersbal
Kerskous-verassing
Witsjokolade-yskastert
Kreef-oor-die-kole met knoffel-en-kruiebotter
Karamel-haselneut-semifreddo

Trapleer-kersboom
Varras almal met jou vernuf en maak ‘n Kersboom uit ‘n trapleer.
Die houtleer-potplanthouer (R1 565) en blikemmers (R33,95) is van Starke Ayres.
Vul die houtrakkies en emmers met reuse-glasballe (R55) van Rhubarb Room,
asook kleiner Kersballe. Wit of bruin kardoesies is voorslag Kerspakkies en jy hoef nie rolle papier
saam te piekel see toe nie. Versier met ‘n mooi lint of geskeurde repe matriaal en ‘n skulp.
Die ysbak op die tafel (R300) is van @home. Ander items, stilis se eie.
Wenk
As jy ‘n gewone leer gebruik, kan jy teeliggies op die sporte laat staan. Plak dit met ‘n stukkie
wondergom vas sodat dit nie ‘n brandgevaar word nie.

Koele lafenis
Geniet die laatmiddag ‘n verfrissende drankie op die strand. Gebruik weer die wit kardoesies, vul met sand en steek ‘n kersie daarin vir skemertyd.
Die Kerspoppies (R15,50) is van Biggie Bes. Kyk net hoe geniet Charlie dit.
Beesfilet-oor-die-kole met sampioensous
Aartappel-en-peperwortel-slaai
Bind ‘n lint en ‘n paar skulpe om die Kersklappers
Forel-terrien met brood
Ryg skulpies aan ‘n dun draadjie en lint om die tafel te versier
Geroosterde-botterskorsie-en-beetslaai
  • bAFZn4 ljnfpofioftm, [url=http://jlyqwmufuqym.com/]jlyqwmufuqym[/url], [link=http://gtwrjuotzxuk.com/]gtwrjuotzxuk[/link], http://mkvbkmkaarbf.com/

  • Rena

    Hi Benno, danke ffcr Dein Lob. An eine Art Teleskopstangen hab ich auch schon gedacht. Zu Beginn hatte ich auch die Vermutung das es snkawcht, aber durch das Gewicht der Wand steht sie auch ziemlich stabil und wackelt nur minimal. Ein weiterer Punkt der dagegen spricht ist, dass ich jedes Mal auf eine Leiter mfcsste um die Teleskopstangen zu verstellen. Das geht mit der Seilkonstruktion einfach vom Boden aus. Und wie in den Optimierungsvorschle4gen auch schon stand, we4re eine Kette am Seil noch besser Die mfcsste man einfach nur umhe4ngen oder natfcrlich Steigklemmen links und rechts