Kosstories

Koppies vol smaak

My kos

Koppies vol smaak

Portabellini-sampioene
Eksotiese portabellini-sampioene het ‘n wonderlike ferm tekstuur en effens neuterige smaak. Beskikbaar by  supermarkte.

Vinkel vir vis
Vars vinkel is ‘n baie aromatiese krui met ‘n kenmerkende anyssmaak. Veral gewild saam met vis.

Gesonde ertjies
Keker-ertjies is deel van die ertjie-familie en baie gesond. Heerlik warm, koud of puree. Probeer Pick ‘n Pay Choice se keker-ertjies, R5,99.

Sagte mozzarella
Kleiner balletjies mozzarella-kaas werk lekker op ‘n pizza, terwyl die groter balle geskeur kan word bo-oor lasagne en die bone-en tunaslaai.

Bone vir risotto
Geblikte rooi bone van KOO pronk in die driebone-risotto.