barbara_joubert
Kosstories

Kos-inspirasie soos net Barbara kan

“Van my ma, my ouma en Ouma se suster… Sien, ek’s gebore op Beaufort-Wes, maar toe ek so vyf was, het ons Kaap toe getrek. En dis waar die lekker vandaan kom, want elke skoolvakansie is ons kinders plaas toe gepos. Ons het wakker geword met bruinmeelpap wat my ouma se suster gemaak het. En aandete-bederf was daardie melksnysels uit Ouma se hand.

Om nie te praat van my ma se steak ‘n kidney pie met skonsdeeg nie (daar was nie iets soos biefstuk-en-niertjiepastei nie!). En die broodpoeding!

En wéér inspireer Barbara ons met die volgende SARIE KOS –  Herfs 2010 – met bordevol goedvoel huiskos. Daar’s ‘n sjokoladekoek in ‘n beker (net 5 minute!), 6 droom-kaaskoeke en sokkerfees-resepte uit elke land + 8 maklike pasta-souse.

Kry jou uitgawe vanaf Woensdag 10 Maart!

SARIE KOS Herfs 2010